Gay, Afrikaans, marxisties en EFF-studenteleier by Tuks

“Woensdag het ‘n groep wit mansstudente my ‘n rasseverraaier en ‘n moffie genoem,” sê Jaco Oelofse. “Nie baie oorspronklike nie, maar hulle het probeer.”

Oelofse is gay, wit, marxistiese en Afrikaans, asook die studenteleier van die Ekonomiese Vryheidsvegters op die kampus van die Universiteit van Pretoria. Hy beskou Julius Malema as ‘n “uitstekende leier” en sê:

“Die media slaag daarin om ‘n sterk swart stem te demoniseer. Ek dink dat hy ‘n uitstekende leier is en presies die soort leier wat die land nodig het, en meen dat hy ‘n “goeie spreker is

“Hy ken politiek, is ‘n uitmuntende orator en wat ek van hom hou, is dat hy verstaan dat die waarheid radikaal is, hy praat die waarheid.”

Tot dusver het die 23-jarige Oelofse nog nie sy leier ontmoet nie, maar wil baie graag.

Jaco Oelofse, leier van die EFF se gevegseenheid by Tuks
Jaco Oelofse, leier van die EFF se gevegseenheid by Tuks

Wat die grondkwessie betref, voel hy dat alle grond aan die “regmatige eienaars” terugbesorg moet word aangesien dit “met geweld gesteel is. Daar moet geen vergoeding (vir boere) wees nie, dit moet net aan die regmatige eienaars teruggegee word.”

“Maar,” sê die filosofiestudent aan Tuks wat onder invloed van marxistiese denkers gekom het, “dit beteken nie dat blankes nie ook deel van die land kan wees nie, maar voordat ons kan praat van die land met blankes deel, kom ons fokus liewers daarop om blankes te kry om die grond te deel.”

Volgens Oelofse mag blankes ook deel wees van Suid-Afrika.

Sedert Oktober 2013 is hy lid van die Ekonomiese Vryheidsvegters en ‘n lid van die “studentegevegseenheid” aan die UP.

Benewens filosofie, studeer Oelofse ook staatsleer. Hy meen “daar is geen ander keuse as nasionalisering nie”.

Hoe het dit gebeur dat hy die marxisme omhels het? In die onlangse verlede is Tukkies gesuiwer van nie-marxistiese akademici deur veldtogte teen hulle te voer, onder meer deur dr. Piet Croucamp van die Universiteit van Johannesburg wat ‘n dosent in die filosofiedepartement laat vervolg het weens kritiek wat sy op feminisme en marxisme uitgespreek het.

Oelofse het toenemend in sy studies die radikale menings van sy dosente, wat deesdae meesal van Wits, Kaapstad, Natal en ander radikale Engelse kampusse afkomstig is, omhels. “Soos wat ek in my studies gevorder het, het my belangstelling in radikale teorie toegeneem,” sê hy. “Ek vereenselwig my met ‘n radikale party wat die belang van die lydendes, die armes en die stemloses op die hart dra. As ‘n gay persoon glo ek ook dat die EFF die regte party is, aangesien hulle by verre die mees progressiewe beleid oor geslagtelikheid en seksualiteit het. Die EFF veg vir gelyke behandeling vir almal, ons kan nie groepe aan die rand van die samelewing uitsluit nie.” Volgens hom is daar, afgesien van die EFF, geen ander studentevereniging wat blanke oorheersing, die patriargie, seksisme en homofobie met soveel “radikale ambisie” beveg nie.

Hy het ook “die patriargale, heteroseksuele kulture by koshuise, wat mense met ander seksuele voorkeure uitsluit”, gekritiseer.

Jaco besef dit is idealisties om diskriminasie heeltemal uit te skakel.

“Op universiteit kan ons ten minste die ruggraat van rassisme breek.”

Tydens die studenteverkiesing verlede Woensdag op 3 September, het Afriforum Jeug egter 50% van die stemme verkry. Die stemverdeling lyk soos volg:

AfriForum Jeug het 6 uit die 12 setels verkry, insluitend twee setels op die uitvoerende bestuur van die studenteraad.

Die uitslag van die verkiesing is soos volg:
• AfriForum Jeug: – 50% (6 setels)
• Radical Youth Coalition – 8.3% (1 setel)
• South African Student Congress (SASCO) – 8,3% (1 setel)
• Democratic Alliance Student Organisation (DASO) – 8.3% (1 setel)
• Onafhanklike kandidate – 25,1% (3 setels)

Die EFF Tuks-gevegseenheid het egter die adjunkpresidentskap van die studenteraad ingepalm. Oeloefse meen dit is “goed vir ‘n organisasie wat maar sedert Februarie op die kampus aktief is”.

Nogtans voel hy teleurgesteld met die uitslae, aangesien hy nie Afriforum se verkryging van die transformasieportefeulje kan aanvaar nie.

Hy meen dat die EFF oor die algemeen goed op die kampus aanvaar word en studente nader hulle gedurig om aan te sluit.

“Ons het ‘n radikale vonk in Tuks-studentepolitiek veroorsaak.”

43 thoughts on “Gay, Afrikaans, marxisties en EFF-studenteleier by Tuks”

  1. Nog ‘n vrolike ou beta-dogtertjie en kaderboetie sonder ‘n penis of ‘n ruggraat. Ek het wel ‘n voorstel vir die ou beta-dogtertjie: Ek twyfel baie sterk of so ‘n verloorder soos jy ‘n eie woning het. Kry dus jou ongetwyfeld-teleurgestelde ouers om vir ons die voorbeeld te stel, en laat hulle die huis wat hulle kwansuis gesteel hy by wie ook al, aan die EFF oorhandig, en dan gaan bly julle almal in ‘n sinkpondok iewers in Diepsloot. So nie, is jy maar net nog ‘n leë blik wat aandag soek.

  2. “Volgens Oelofse mag blankes ook deel wees van Suid-Afrika.”

    Nou toe nou ne, waar was ons anders as in Suid-Afrika.

    Jou klein NIKSNUTS, daardie bleek velletjie van jou gaan jou nie red in ‘n misdaad-situasie nie, beslis ook nie omdat jy ‘n effie-lid is nie.

    Ek dink jou ouers berou die dag wat jy jou eerste lewenslig aanskou het.

    SIES – GA !

    1. Hau whaaite gerl, me, I, JuliAss, me I am being confussios regadieng theese patoekilaar confussios of waantieng to be a boy ief me, I am actjualee a gerl….. My patoekilaar problem ees now I have to deesaaign pienk overall as well. For the fest time, Eva! Me, I, JuliAss, I am spietchless. My tjikon whill evan be confussions, the KFC hen that makes like Cock and crows.
      Viva! One tjikon

    2. Trippie
      n Mens moet met nugtere denke na al hierdie dinge om ons kyk.
      Waaraan meet ons dinge wat met ons en om ons gebeur?
      Wie is reg en wie is verkeerd?
      Die groot problem het gekom toe die mens dink hy het te slim en onaantasbaar geword.
      So ook dan het die MENSEREG onstaan en het die mensereg belangriker geword as God se reg.M.a.w.alles vandag word gemeet aan wat die mens dink is reg of verkeerd.

  3. ‘n Paar vrae aan Oelofse:

    1. Hoekom moet blankes die land deel? Daar is geen bewyse dat blankes ooit swart grond gesteel het nie. Grondeienaarskap is ‘n Westerse beginsel waarvan die swartmense niks geweet het nie. Hulle was normade.

    2. Baie van Suid-Afrika se voedsel kom van plase af. Indien produktiewe blankes die grond met nie-produktiwe swart boere “deel” sal groot dele van die land honger ly. Is grond dan werklik so belangrik dat voedselproduksie prysgegee moet word?

    3. Indien blankes die grond “deel” – hoe sal die deel van grond enigsins swart armoede oplos? Soos ek dit sien (omdat dit besig is om nou te gebeur), word daar geen voedsel op swart besette plase geproduseer nie, maar dit word onderverhuur aan plakkers of verkoop. Dus brei armoede uit van stedelike gebiede tot landelike gebiede.

    4. Is die armoede in Zimbabwe nie genoeg rede vir jou om te waak daarteen om Suid-Afrika in dieselfde pad te probeer afsteek nie?

    5. Geskiedenis vertel vir ons dat Marxisme nooit kon werk nie. Waarom dit in Suid-Afrika probeer?

    1. Jy het ‘n punt hier beet – dit gaan nie daaroor om die armes op te hef nie maar eerder om die wat middelklas/ryk is ook te verarm tot dieselfde vlakke as die werklike armes. Dit sal die supperrykes meer kans gee om te steel en te vat wat hulle wil

      1. Heeltemal reg. Die belange van die armes is onbenullig in die oë van Marxiste. Hulle wil almal tot ‘n gelyke vlak dwing en in die proses hulself soveel moontlik verryk. Daar is twee maniere om dit reg te kry:
        1. Verryk die armes of
        2. Verarm die rykes

        Raai watter een is die maklikste en maak dit ook die maklikste om in die proses soveel as moontlik geld vir jouself te steel?

  4. En dit is nuus?
    Kan iemand my se hoekom hierdie verskoning van ‘n Afrikaanse man so prominent deur al wat ‘n media bron vertoon word?
    Nie een van die vergrype soos plaasmoorde en ander belangrike nuus word met dieselfde oorgawe uitgebasuin nie, maar wanneer ‘n anti-Afrikaner met ‘n anti-Afrikaanse boodskap net sy mond oopmaak is dit voorbladnuus. Spesifiek omdat hy uit die Afrikaanse gemeenskap kom en nog boonop ‘n rugridder is. Hierdie abominasie is nou al drie of vier dae lank in die nuus. Hoekom? Dit is bloot om die EFF en die anti-Afrikaanse retoriek aan die gang te hou en die sogenaamde “Afrikaanse” media is die voorbokke.
    Ek sal graag die mediasirkus wil aanskou wanneer die ellendeling miskien ‘n oorveeg van regte Afrikanerklong kry. Die gekerm oor haataanvalle en agterlike regses sal net nie einde kry nie.

    1. En die agent is weer terug. Terwyl almal op die draad die moffie graag sal ignoreer, is dit net te toevallig dat ene Ratel voorstel ‘n Afrikaners moet die moffie aanrand. Hoekom? Julle is so in julle moer.in, dis hoekom. Julle moet mekaar maar daar by julle werk begin slaan vir slegte publisiteit vir Afrikaners.

  5. Kyk, ten minste wys ierdie verwarde siel openlik sy anti-blanke kleure. Hy is niks meer as ‘n pion nie, dus sal ek my nie veel steur aan hom en sy soort nie. ‘n Veel groter gevaar is die algemene apatiese houding onder vele(die meerderheid?) blankes, sowel as die tweegesig blanke sosiopate onder ons elite in akademie, die pers, besigheid sowel as sport en kultuur wat hulle anti-Afrikaner agenda verbloem

  6. “First we have to drive the idea that Afrikaans needs to be removed as a medium of education at this university. [The] second step would be to tackle the Afrikaans culture at residences,”

    SY MOER ! (en nou vra ek nie eers om verskoning vir my taalgebruik nie).

  7. Ek sou graag die misbaksel wou ontmoet. Net om te probeer vasstel hoe enige iemand die pad so byster kan raak en om hom te red van die ideologie wat hy klaarblyklik d.m.v. breinspoel opgedoen het. Ek het al so ‘n paar slinkse linkse jongmense gesuiwer van hul irrasionele denke en breinspoel inligting. Dit bring vir my vreugde. Een mens op ‘n slag en binne 15 minute verwoes ek sy/haar hele geloofsisteem wat politieke denke betref.

  8. Puik. Dankie … lekker gelag vir jou verdraai van “When days are dark, friends are few”.

    Ek wil met jou saamstem oor ‘n vorige kommentaar (so 2 maande terug) wat jy gemaak het rakende die polisie …

    “Ons moet baie mooi gaan besin oor watse tipe beskerm ons te wagte kan
    wees van die polisie af indien daar volskaalse anargie uitbreek en
    blankes word in hulle huise aangeval. Ek is daarvan oortuig dat die
    polisie sal deel in die anargie en dat ons as families en individue op
    ons self gaan moet staatmaak vir beskerming.”

  9. Ai “gas”, dis werklik nie nodig nie.

    Eerlikwaar? Snaaks – ek het haar leer ken as iemand wat beginselvas, vroulik, vriendelik en werklik sielsopreg is. Selfs waar ek totaal van haar verskil, (waar ek verwag dat ek ek dalk uitgeskel mag word!) is sy vriendelik, beleefd en opreg – sonder om enigsins kruiperig te wees.

    Dis hoe ek Trippie leer ken en nogsteeds hier ervaar.

Maak 'n opvolg-bydrae