Skudding laat Orkney nie snork nie

Deel op

Potchefstroom se nooddienste is na Orkney ontbied ná ‘n aardbewing groot dele van die land getref het. Geboue is beskadig en talle mense is beseer.

Volgens Beeld is die stadsraadgebou in Stilfontein erg beskadig. Die toring en horlosie is glo gekraak. Alle skole in Orkney is ontruim.

Die skudding het vensters gebreek en huise beskadig. Geraamde versierings het van die mure geval en stukke pleister van die dak se inwoners in die gebied.

​Baie inwoners van Orkney het gesê hulle het nog nooit tevore só ’n sterk skudding gevoel nie.

In die lokasie naby Potchefstroom, Khuma het talle beserings opgedoen. Plakkers in Kanana buite Orkney en in die Jouberton-plakkerskamp, se hutte is beskadig.

Alhoewel daar dikwels skuddings in die gebied is vanwee mynbedrywighede, het hierdie skudding ‘n yslike 5,3 op die Richterskaal geregistreer.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.