Herrie oor swartgesmeerde Tukkies

Deel op

‘n Herrie het losgebars oor twee Tukkiestudentes wat hulself swart gesmeer het, wat blykbaar in navolging van VSA-sienings as “rassisties” beskou word. Die DA se studenteleier, Thorne Godinho, het ‘n pleidooi gelewer dat die Universiteit onmiddellik verswart of getransformeer moet word deur in hoofletters, “Transformation NOW”, te twiet.

Studentes met swart gesigte en kopdoeke
Studentes met swart gesigte en kopdoeke

Godinho het ook gepoog om swart mediapersoonlikhede soos die News24-rubriekskrywer TO Molefe, met die foto te “skok” deur dit op Facebook en Twitter te versprei. Uitroepe van skok en verbasing is oral aanlyn geuiter.

Dit blyk egter dat die twee Tukkies ‘n privaat mondigheidswordingpartytjie bygewoon het en dat dit niks met die Universiteit van Pretoria te make had nie. Op die oog af wil dit dus voorkom asof die DA-jeugorganisasie, DASO, wat hom reeds voorheen vir huwelike oor die kleurgrens heen bewyer het, nou te kenne gee dat mense nie privaat mag aantrek wat hulle wil en hulle gesigte mag inkleur soos hulle wil nie.

Van die reaksies op Twitter:

In Suid-Afrika mag homoseksuele trou, maar jy mag nie ‘n kopdoek dra nie. Tensy jou naam Helen Zille of Piet Croucamp is?

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.