Theuns Eloff hoof van Verwoerd se trust met R2 miljard

Dr. Theuns Eloff, wat onlangs die tuig as rektor van die Noordwes-universiteit neergelê het, is tot voorsitter van Dagbreektrust verkies. Dit blyk uit onlangse berigte in die media. Daar word konserwatief geskat dat die Trust oor R2 miljard se likiede fondse in die vorm van kontant en aandele beskik.

Die kanse dat dié fondse egter in die belang van die Afrikaner aangewend sal word, is skraal. Oor die afgelope jare het Dagbreek konsekwent die Nasionale Party se beleid van versoening met die ANC, asook die “versmelting” van Afrikaners met kleurlinge om “Afrikaanses” te word, nagejaag.

Die aanwysing van Eloff versterk die beheer wat Potchefstroom, of dan trustees wat bande met die Potchefstroomkampus het, oor Dagbreektrust uitoefen. Mnr. Flip Buys van Solidariteit, ‘n ander trustee van Dagbreek, het insgelyks aan die Potchefstroomse Universiteit gestudeer en dien ook op die raad daarvan (tans NWU).

Die vorige voorsitter van Dagbreek, mnr. Danie Cronjé, was eers voorsitter van ABSA-bank. Maar ook hy was op ‘n stadium lektor in Monetêre en bankwese aan die Potchefstroomse Universiteit. Nog ‘n vorige trustee was prof. Carools Reinecke, wat ook op sy dag rektor van die PUK was. Dis onbekend of Reinecke steeds op die Trust dien.

Die oorsprong van Dagbreektrust word tans nie aan die groot klok gehang nie, maar die trust is waarskynlik dieselfde vereniging as dié wat dr. HF Verwoerd in die dertigerjare gestig het om die Johannesburgse dagblad, Die Transvaler, mee te begin. Ná verskeie samesmeltings, het Perskor tot stand gekom, met Dagbreektrust as Perskor se vernaamste aandeelhouer.

Uiteindelik is Perskor deur mnr. Terry Moolman van die Caxton-drukkery oorgeneem en tot vandag toe behoort sekere Perskor-titels soos The Citizen, Rooi Rose en ander aan Caxton.

Die bates waaroor Dagbreek tans beskik, is hoofsaaklik aandele in Naspers wat voortspruit uit ‘n ontbondelingstransaksie toe M-Net, waarin Perskor ‘n mede-aandeel gehad het, se aandele in Naspersaandele omskep is.

Toe Naspers se aandele minder as R500 werd was, het Dagbreek se aandeelhouding in Naspers reeds tot een miljard rand gestyg. Tans verhandel Naspers teen R1290 per aandeel, dus kan mens met redelike sekerheid sê dat Dagbreek se bates tot oor die twee miljard rand gestyg het.

Volgens Bloomberg is die dividendopbrengs op Naspersaandele tans 0,33% per jaar. Dit beteken dat Dagbreek se inkomste net uit dividende jaarliks R6,6 miljoen beloop, ongeag ander beleggings of deposito’s.

Die tolkprogram aan die Universiteit van Potchefstroom wat dit vir swart studente moontlik maak om ingenieurswese in Engels te studeer, is deur Dagbreektrust gefinansier. Dit mag strydig met die trustakte wees, aangesien die trust veronderstel is om Afrikaans te bevorder. Die trust argumenteer egter dat Engelse tolkwerk “help om die universiteit op die duur Afrikaans te hou”. Ná Adriaan Basson van Beeld se veldtog teen die Noordwes-universiteit en die aandag wat dit van die kommunistiese minister van hoër onderwys, Blade Nzimande, ontvang het, is dit egter te betwyfel of die universiteit veel langer Afrikaans as voertaal sal kan behou.

Dagbreektrust ondersteun onder andere ook die webblad LitNet, wat deur prof. Etienne van Heerden van die Universiteit van Kaapstad, bedryf word. Die blad is bekend vir sy dikwels linkse en marxistiese standpunte. Verskeie aansoeke deur PRAAG vir projekte om Afrikaans te bevorder, is reeds deur Dagbreek afgekeur, onder meer omdat daar nie ‘n regstellende-aksie-komponent by sulke projekte betrokke was nie en dit daarom as “eksklusief” en nie “inklusief” nie geag is.

Ironies genoeg word die fonds wat dr. Verwoerd in die 1930s opgerig het, dus vandag gebruik om marxistiese denke in Suid-Afrika te bevorder.

68 thoughts on “Theuns Eloff hoof van Verwoerd se trust met R2 miljard”

  1. Tragies, Dink net hoeveel van ons ou mense kon hierby baatvind, en ook blanke Afrinakers.
    n Hele dorp kan gebou word, of een van die dorpe wat deur die marxiste so verwaarloos word, kon aangeskaf word en reg gemaak word vir ons mense met die geld.

  2. Dr Roodt jy sê PRAAG projekte om Afrikaans te bevorder word afgekeur omdat daar nie ‘n regstellende-aksie-komponent by sulke projekte betrokke was nie en dit daarom as “eksklusief” en nie “inklusief” nie geag is. Dit lyk dan of Potch hierdie hele Nazi oefening saam met Adriaan Basson gereel het. Net soos Jonathan Jansen en Beeld saamgewerk het om die Reitz4 oefening te skep. Dit maak vir my heeltemal sin want die ATR se man is ook ‘n Dopper, Carstens, en hy is voor in die koor om Kaaps te bevorder saam met Nederlandse “taalkundiges”. Ek dink jy het nou pas ‘n nes oopgekrap

          1. Kyk wat die vent DOEN, nie wat hy sê nie. Het jy nog nie gewoond geraak aan hoe die gebroedersels werk nie? Het Pik/Roelf/FW ons voor die tyd vertel hulle gaan die land aan die ANC weggee?

          2. Hulle moes Kgwadi daar inkry om PUK te verswart en te verengels want Eloff wou nie die blaam dra nie. Niemand sal dit waag om die swarte aan te vat nie.

          3. Moet nie vir een oomblik dink dat ek daardie Theuns Eloff verdedig nie – hy het sy God verloën en sy volk verraai – ek het dus geen respek vir hom nie. Ek dink egter jou mening is gebasseer op bloot op wat jy dink – nie wat jy weet nie.
            Op grond waarvan sê jy dat PUK gaan verswart?

          4. Kwgadi praat van “toegang”. Dit was presies dieselfde by Kovsies. Dit sal net twee of drie jaar neem. Nie een van die personeel sal ooit hulle bekke rek nie, want dis hulle botter en brood.

          5. Gas dit klink amper of jy dit sal verwelkom as die laaste vesting van Afrikaners kantel?

          6. Dis gewoonlik wat gebeur as mense nie van die boodskap hou nie, hulle skiet die boodskapper. Ek het nie die vernietiging van Potch beplan nie, maar dis duidelik hoe hulle te werk gaan

          7. So waar!

            Wat ek HAAT is mense wat namens die Vyand boodskappe aandra! Waarmee hou iemand sy/haar gedagtes besig – dat hulle AL hul tyd spandeer – om moffiewol, witvlaggies brei…?!

          8. Kovsies is nie Potch nie – Potch is kerngesond tot dusver teenoor Kovsies wat baie gou gekapituleer het. Die leerkragte op die PUK is meriete aanstellings – Meriete is hulle uitgangpunt en ek is redelik seker dat dit so sal bly. Tyd sal leer.

          9. Ek kap my grenspen, biddend, direk op u Woorde in! Wee u – sou u daaraan torring!

            NS 😉

          10. Hoe sal ek torring aan n tentpen van korale terwyl ek skuiling
            soek vir my oopgesperde lidlose oë.

          11. (U weet nie wat se behaaglike oomblik dit vir my is – wanneer ek ná my skrywe hierbo – nie ‘n “hoe nou?!!!” gevra word nie…!)

            Wat ‘n besondere antwoord van u… Tintelend, rosig-warm en tog… Wel daar trane op deur u staar… Soos glinsterende doudruppels wat vallend, verys. Versplinter, smelt, syfer… Versluierd.

          12. Die volgende eise is uiteengesit in die memorandum:

            – Die daarstelling van ʼn Forum vir gesprekvoering tussen die Visekanselier en die verteenwoordigende studente van die Potchefstroomkampus en wat spesifiek daarop fokus om wanpersepsies te identifiseer en uit die weg te ruim. Hierdie Forum moet binne 10 dae na ontvangs van die memorandum gevestig word.

            – Effektiewe transformasie wat die voortbestaan van Afrikaans as onderrigtaal op die Potchefstroomkampus sal verseker, binne ʼn meertalige en multi-kulturele konteks, met inagname van die demografie van die Afrikaans sprekende bevolking van Suid-Afrika in geheel en wat ook verteenwoordigend is van die breë Suid-Afrikaanse samelewing. Duidelike teikens moet opgestel word vir die volgende 5 jaar teen einde November 2014, wat transformasie binne hierdie konteks in die breë studente- en ook koshuislewe sal verseker.

            – Transformasie soos bo gestel moet dan by uitstek nie fokus op “getalle transformasie” soos meestal aangevoer word in politieke retoriek nie, maar moet fokus op die verandering van denkwyses, weerlê van wanpersepsies en die skep van ʼn multi-kulturele eenheid op die kampus, waarbinne die verskeidenheid en andersheid van elke individu waardeer en gerespekteer word. Daar word vereis dat akademiese- sowel as sosiale programme in plek gestel word wat hierdie kwessie sal aanspreek, om sodoende ʼn studentemassa te vorm wat ʼn verskil kan maak in Suid-Afrika. Hierdie eis moet ook deel uitmaak van die gesamentlike teikens en plan wat teen einde November 2014 gefinaliseer moet word.

            – Toegang vir alle studente tot die NWU Potchefstroomkampus as ʼn meertalige kampus, met behoud van die grondwetlike reg om Afrikaans as onderrigtaal te behou en toegang via Engels en Setswana te versterk by wyse van opvoedkundige tolking.

            – Fermer optrede deur Bestuur teenoor die media ten opsigte van onbillike beriggewing ten einde ons studente se integriteit en ons kwalifikasies se geloofwaardigheid te beskerm.

            – Dat Bestuur die onwetenskaplike werkwyse staak om uitlatings te maak oor die studentelewe en studente sonder om hulself van die nodige feite en inligting by die studente

            https://www.youtube.com/watch?v=XZlSpGlY0Tk#action=share

          13. Punt 1: Konsultasie, punt 2: Transformasie, punt 3: Totale nonsens, punt 4: Toegang, punt 5: Inligtingsbeheer vir Kwgadi, punt 6: betekenisloos, want die oefening om punte 1,2,4,5 te vestig is reeds deur Beeld gedoen en Kgwadi is rektor.

          14. Ek stem nie saam met tolking nie, want dit kan n vernederende uitwerking op n Afrikaner jongmens se psige hê. Ons verstaan tog almal Engels! Tolking word as n tussenin fase tot volskaalse verengelsing gebruik.

          15. Het Adriaan Basson, FW, Roelf of Pik al ooit gesê hulle is teen Afrikaans? Hulle is onnosel, maar só onnosel is hulle darem nie. Hulle is teen Afrikaners want ek sien hulle gebruik alweer die benaming “Afrikaanses” in Beeld

          16. Ag nee liewe hemel Riana! Hoe is jy so goedgelowig? Die uitwissing van Afrikaans en Afrikaners word deur ons eie mense gereël wat lyk my daarna streef om Britte te word.

          17. Rentia, Riana se: “Wat is Afrikaans sonder Afrikaners? Sonder Afrikaners is daar nie Afrikaans nie, net Kaaps” is 100% in die kol. Dis feite. 😉

          18. Eloff: “Wat wel waar is, is dat daar nie meer Afrikaner-universiteite is nie.” Klink dit vir jou soos iemand wat baie omgee oor Afrikaans? Vraag is nou wat het die ou teen Afrikaners?

          19. Weet jy Rutger ek is lyk vir my so desperaat dat iemand ‘n goeie woord oor my taal moet sê dat ek heeltemal daaroor gelees het. Maar ja, dis waar. Wat is Afrikaans sonder Afrikaners? Sonder Afrikaners is daar nie Afrikaans nie, net Kaaps

          20. Hy het niks in besonders teen die Afrikaners anders as as die onderwerp van bevrediging van sy verraaiers gene.

          21. Wat het ou Eloff teen Afrikaners? Hy is nie meer een nie, hy’s nou ‘n Rooinek wat maak of hy omgee

  3. So ‘n paar jaar gelede was daar ook sprake daarvan dat die trustakte verander is. Ek vermoed dat die oorspronklike akte wel bepaal het dat die fondse “in belang van die Afrikaner en Afrikaans” aangewend moet word, maar waarskynlik het die Afrikaner-deel gesneuwel en het slegs die “Afrikaans”-deel oorgebly, wat deesdae as ‘n multikulturele projek geïnterpreteer word.

    Dis vir my veral skokkend dat Wannie Carstens van die NWU en huidige voorsitter van die Akademie kan argumenteer dat Afrikaans ‘n “kreoolse taal” is, terwyl daar géén taalkundige getuienis daarvoor is nie. Maar net soos in die ou Sowjetunie word die wetenskap en die akademie aangepas om die politieke sienings van die maghebber te pas.

    Suid-Afrika se elites of “oligarge” is besig om die land te vernietig. Dis die Johannesburgse kommunistiese elite wat die land vanuit die buiteland as “ballinge” oorgeneem het en dan die oorblywende “Afrikaanse” elite – maar wat nie meer die woord “Afrikaner” oor hul lippe kan kry nie – op Potchefstroom en op Stellenbosch wat eerder met kleurlinge wil assosieer as met lede van hul eie volk. Terwyl hulle sanik oor “uitsluiting” en “eksklusiwiteit”, sluit hulle ons uit ons eie instellings, taal en kultuur uit!

    In vanoggend se Beeld lees ons die volgende:

    “Volgens Eloff was dit “kinderagtig” van dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, om te sê daar bestaan nie meer iets soos Afrikaanse universiteite nie, slegs Suid-Afrikaanse universiteite.

    “Wat wel waar is, is dat daar nie meer Afrikaner-universiteite is nie.” (NB!)

    Prof. Leon de Stadler, direkteur van die Taalsentrum aan die Universiteit van Stellenbosch, het gesê dié universiteit staan meertaligheid (NB) voor.

    “Ons wil nie ’n eksklusiewe (NB) universiteit in Afrikaans wees nie, ook nie ’n eksklusiewe universiteit in Engels nie.”

    Die oplossing is volgens hom om mense se gees te dekolonialiseer.

    “Ons moet opstaan teen die idee dat ons nie kan oorleef of suksesvol wees as ons nié Engels is nie.””

    Daar is twee groot fobies hier: 1. Om ‘n Afrikaner te wees. 2. Om “eksklusief Afrikaans” te wees. Soos iemand egter gesê het, die huwelik is ook op eksklusiwiteit gegrond. Om te oorleef, moet jy jou vyande uitsluit of soms laer trek. Die ironie is juis dat die Potchefstroomkampus soveel wit Afrikaanse studente getrek omdat hy as “eklusief wit en Afrikaans” gesien is. Nou gaan hulle, met die hulp van Adriaan Basson en Blade Nzimande, hul eie suksesresep vernietig.

  4. Hierdie skrywe is fassinerend. Dit regverdig nadere ondersoek. Dit lyk my die historiese-Afrikaners (nou Afrikaanses) sit agter meer konkel- en brouwerk as wat ons besef! Het ek die Hiemstra Trust iewers gemis? En wat van die Het Jan Marais Nationale Fonds? Laasgenoemde borg onder andere n fees wat by n eertydse Afrikaanse universiteit aangebied word – n universiteit wat juis deur Afrikaanses verengels is!

    1. No some websites don’t need readers, they only need friends. CGI Federal the Canadian Company that built the Obamacare website appears to have a connection to the “Innocence of Muslims” video the Obama administration blamed for the Benghazi attacks. And here’s how it was done: It was established in 2010, CGI acquired Stanley Associates, which “provides services to the U.S. federal civilian, defense and intelligence agencies”. When the crudely produced video “Innocence of Muslims” was posted to a YouTube it needed a boost, especially since it was posted by someone no one had ever heard of and who had only uploaded two videos – that were basically the same.Well, a YouTube channel known as NewsPoliticsNow3 (NPN3) has been connected to Stanley Associates, the service provider for U.S. defense and “intelligence”. Libya is going up in smoke BTW. The new Libyan embassy staff aren’t expendable it seems as the US is evacuating. Would love to hear Hillary ‘we came, we saw, he died’ Clinton on the new development

      …

    1. Yes, I noticed that too. Their desire to associate themselves completely with a criminal government is leading them to an unsound position, as I remarked elsewhere. They have created an image of this imaginary ‘persecuted’ haven that will agree with everything they believe in, remain entirely free of all corruption, command immense respect throughout the world and look after all of its residents come what may. It’s truly a lovely picture and I applaud the sentiment but it is a dream destined to disappoint not just Afrikaners but a lot of other good people. What could make this truth any clearer to them?

  5. Miskien moet Praag ook daar innie Suid Kaap aan Prof Pierre Theron van die Afrikanerbond se deur gaan klop en navraag doen oor die Rand 65 miljoen Christiaan de Wet Fonds.

    Die fonds is vir behoeftige Afrikaners geskep…NIE vir Kleurlinge wat klein k§k gediggies skryf nie.

  6. Wat my baie pla is dat mense half skrikkerig is om dr. Verwoerd se naam te noem. Selfs ver-regses is huiwerig om hulself met hom te assosieer en het hom dus verraai voor die hen drie keer gekraai het! Die rede hiervoor is dat hy oor die afgelope 20 jaar sodanig gedemoniseer is dat hy nou publieke vyand nommer een geword het. Die man wat in die geskiedenis van Suid-Afrika nog die meeste in die belang van die swartman opgetree het en werklik lief was vir almal in Suid-Afrika in ‘n moeilike wêreldtydperk, word nou omskryf as die haatkwekende rassis wat Apartheid voorgestel het. Enige swartmens wat dit glo en die waarheid agter daardie gepropageerde leuns moet uitvind, sal na sy asem snik!

    Swart mense het honderde kilometers gereis om by hom uit te kom en na sy toesprake in tuislande te luister. Die nie-kommunistiese Bantoe het die grootste bewondering vir hom gehad en hy was mense soos KD Matanzima se held en rolmodel.

    Ongelukkig is sy vlekkelose nalatenskap in 1994 ontneem en vervang met die verwronge beeld van ‘n “gerehabiliteerde” kommunis wat duisende mense doodgemaak het. Van daar af is sy naam net in die konteks en tot voordeel van belaglike ANC propaganda gebruik en die gevolg daarvan was dat hy selfs deur Afrikaners as ‘n krimineel beskou is en steeds word. Dit is ‘n skreeuende skande dat so iets kon gebeur het en dit is net nog ‘n reuse verlies van die Afrikaner erfenis, asook ‘n bewys van die mag wat die pers in die regte hande kan hê. Ek het al met menigde mense gestry oor dr Verwoerd en ek kon sover almal oortuig daarvan dat hy verkeerdelik gebrandmerk is tot voordeel van ANC agendas. Op skool moet ons in voorgeskrewe boeke lees hoe rassisties en verkeerd hy was.

    Vraag in die vraestel: “Hoe het die dade van dr H.F Verwoerd veroorsaak dat swart mense hul waardigheid en stemreg verloor het?”

    My onverwagse antwoord: “Dr H.F. Verwoerd was in die tydperk 1958-1966 ‘n man wat moes pa staan vir ‘n beleid wat misbruik is deur kommuniste om beheer oor die land te verkry. Daarom word hy vandag VERKEERDELIK as ‘n simbool van rassisme beskou. Onder hom kon swart mense vir die eerste keer formeel skool bywoon, besighede open, werksgeleenthede skep en volhou, en mediese deelname aan top hospitale eis. Onder hom het die swart bevolking létterlik verdubbel en kon swart mense vir die eerste keer aan demokratiese verkiesings deelneem in hulle eie gebiede. As gevolg hiervan het swartmense vir die eerste keer sedert kolonisasie volstrekte waardigheid ontwikkel en kon ook deelneem aan wêreldsake – iets wat hulle vriende in die res van Afrika nie werklik verwesenlik het nie.”

    Die onderwyser het my ingeroep en mooi laat verstaan dat alhoewel alles waar is, dat ek nie die vraag korrek beantwoord het nie. Geen punte vir my nie en dus geen punte vir Dok nie.

    Die boodskap wat ek hiermee wil bring is dat niemand bang hoef te wees om hierdie merkwaardige man te eer nie. Indien hy nie opgetree het soos wat hy opgetree het nie is ek baie seker daarvan dat geen Afrikaner volk vandag sou bestaan het nie. Laat mense nou maar daarvan sê wat hulle wil – laat hulle jou ‘n rassis, “right-winger”, AWB ondersteuner, ens noem – hulle verstaan nie waaroor dit gaan nie en sal miskien nooit nie. Laat hulle maar vir Mandela prys tot hulle op oordeelsdag moet uitvind dat die man deur dat hy ‘n ateïs was eintlik in die hel beland het. Verwoerd, ‘n reuse Godsman, kyk sekerlik nou van Bo af en skud net sy kop.
    Ek sal dit een van my lewensmissies maak om hierdie man, dr Hendrik Frensch Verwoerd se naam in ere te herstel en al begin ek hierdie taak op Praag se kommentaar area, tussen mense wat waardering het vir Verwoerd, sal ek ‘n verskil maak. Al kan ek net een swart mens van vandag oortuig, sal ek tevrede wees.

    1. Juslaaaaaik RSA Patriot – duisend opmerkies vir jou.!!
      Ek dog dis net ek en Trippie wat die lig sien in die duisternis van Tsafendastan!!
      Christendemokrasie is asteware vermoor saam met Verwoerd..

      Skryf meer asseblief. en gaan kuier / bly / belê in Orania.

      Absoluut pervers dat ‘n Vrymesselaar nou ook die eksekuteur van hul slagoffer se vermoorde boedel is. Maar dis soos die lot Bokryers met die ABO ook gemaak het… geroof en verbrand en verdeel wat oorgebly het.
      John Harris, Peter Hayn Pratt, Tsafendas, Pik. Theuns. et al.

      Dan wonder mens nog waar die Swartes dit geleer het – of eerder : wie was die leermeesters en wie was die studente van verskroeide aarde Hmm?

      1. Jan jy en Trippie alleen – en wat van ek? – of diskrimineer jy nou teen my omdat Theuns Eloff n luukse vakansie huis het in die dorp waar ek woon – sowaar ek kan jou met n rein gewete sê ek het geen aandeel daaraan gehad nie.

        1. Juslaaik Riempies – mens moet dit saamlees met die uitstekende studie van Dagbreektrust van dr Dan

          Hoedat die kurrupte Perskor se anti-Christe en Godloenaars Bolchiviste van Potch in beheer van ons afrikaanse media is..

          Dis maar nag vir ons Volkie …

    2. RSA Patriot – Ek stem saam met jou – Ek wil graag met jou n klein bietjie binne inligting gee wat ek as klein dogtertjie beleef het. Anna Boshoff het vir dr Verwoerd en sy vrou gehelp met hulle 8 kinders se versorging. Weet jy dat vakansietye het sy die ouer Verwoerd kinders se klere herstel en sommige kleiner gemaak vir die kleiner kindertjies in die gesin. Daar is nie gemors in die Verwoerd gesin se huishouding nie. Die Verwoerd was n doodgewone Afrikanergesin en Verwoerd het aan die voorpunt gelei deur sy voorbeeld.

      Daaroor is Verwoerd vermoor – hy was te eerbaar vir die gemors van verraaiers om hom EN vergelyk so n leier met die die wat vandag hulle self leiers noem in die regering wat elke dag beskuldig word van by implikasie diefstal en korrupsie en brutale geldmors en die duiwel weet wat nog alles.

      Verwoerd is vermoor dat sy tuisland beleid nie moes deurgaan nie. Kyk wie die NP leiers was direk na hom – vra jouself die vraag af hoekom is daar na sy moord nooit weer deur sy opvolgers eens verwys na sy tuisland beleid nie. Dan kan enigeen aflei wat die graad van verraad deur die spul NP gemors was.

      1. Riempies- dankie vir jou antwoord. My oupa het na aan dr. Verwoerd gewerk en selfs sommige aande by hulle gaan eet. Dit was, soos jy sê, ‘n doodgewone eerbare gesin wat ‘n wonderlike voorbeeld aan ander gesinne gestel het.
        Ek stem saam met jou dat daar ‘n komplot was in die binnekring van die Nasionale Party. Ek is tans opsoek na die “Hoek Verslag” wat dalk ook alles kan verklaar. Of dit nou Rupert en Vorster was, of selfs die Oppenheimers wat die komplot gevoer het , sal ons dalk eendag uitvind. Op hierdie stadium sal ek nie bespiegel nie, maar daar was baie “toevallighede” wat toegesmeer is en nooit te voorskyn gekom het nie . Hoe dit ookal sy, op die 6de September 1966, 14:14 het Suid-Afrika die stryd verloor teen kommunisme, selfsugtige wêreldmagte en die kleur oplossings is van stapel gestuur . Sal ons ooit weer so ‘n leier hê?

Maak 'n opvolg-bydrae