Die dronk regter Nkola Motata ontvang reeds sewe jaar lank sy volle salaris al werk hy nie. Motata is sedert 2007 met spesiale verlof toe hy vir die eerste keer van dronkbestuur aangekla is.
Tydens sy inhegtenisname het Motata aan die polisie gesê: “Geen Boer gaan my ondermyn nie. Hierdie was eers ‘n witmansland, maar dit is nie meer nie.” Hy het ook aan die polisie gesê om nie ‘n witman, in wie se huis hy vasgery het, te “ondersteun” nie.
Die hoofregter wat deur president Zuma aangestel is, Mogoeng Mogoeng, het vandeesweek bevestig dat Motata steeds in die staat se diens is en maandeliks sy salaris ontvang al is hy nie naby die regbank nie.

Regter Nkola Motata het in Januarie 2007 met sy Jaguar in die muur van sakeman Richard Baird se huis in Johannesburg vasgery terwyl hy onder die invloed van alkohol was. Die regter is in 2009 aan dronkbestuur skuldig bevind, maar het sedertdien gepoog om teen die bevinding te appelleer. In 2010 is hy toestemming tot appèl geweier.
Vanweë sy opmerkings aan die polisie oor blankes en dat hulle nie ‘n blanke man moet ondersteun nie, is ‘n klag van haatspraak teen Motata by die regterlike gedragstribunaal aanhangig gemaak. Die tribunaal sou intussen die klag ondersoek.
Die ondersoek is egter in Februarie vanjaar uitgestel omdat Motata die wetgewing wat die tribunaal daarstel, bevraagteken.
Intussen ontvang Motata sy volle regtersalaris van ongeveer twee miljoen rand per jaar. Dus het die dronk regter wat nie meer werk nie die staat oor die afgelope 7 jaar ongeveer R14 miljoen gekos. Dit sluit nie die fondse in wat die staat moet aanwend om die regter se aansoeke in die howe teen te staan nie.

Met sulkes op die regbank hoe kan daar regverdige regspleging in hierdie land plaasvind?
Dit illustreer weer net mooi die ware rede waarom hulle die land wil regeer: Om hulle sakke vol te stop al doen hulle niks. En of hulle nou kamtig aan diens is of op vervroegde aftrede of betaalde verlof, hulle doen in elkgeval niks. En ons betaal.
Dit gaan lekker in die reenboognasie.Wat n sirkus. Dieselfde met Robert MCbride en baie ander parasiete. As hulle ondersoek instel sal hulle sien Motata se curriculum vitae is vals. Daar is twee stelle reels en wette in hierdie land. Een vir witmense en een vir swartes.
dit sujet mag dan samen met Bacchus hebben rechtgesproken met alle gevolgen van dien maar de vraag onder welke invloed Jordaan stond tijdens de walgelijke laagwaardige Boeremag veroordeling laat zich slechts ten dele met een fles Aberfeldy beantwoorden.
Indien Motata een voorbeeld is van hoe die ANC geld mors, is ek oortuig dat daar sommer baie soortgelyke gevalle moet wees waar kamerade steeds hulle salarisse ontvang sonder dat hulle ‘n dag se werk verrig. En hierdie goed gebeur teen die agtergrond van Zuma se vals uitspraak dat daar teen korrupsie opgetree gaan word. Een ding staan soos ‘n paal bo water en dit is dat jy die ANC nie kan vertrou nie en dan wonder mens hoekom so baie kiesers (meestal swart sou ek raai) hierdie alliansie ondersteun? Is hierdie ondersteuners miskien nie gesofistikeerd genoeg om vir hulleself te dink nie, of, nog, erger, is dit blote rassisme, in welke geval daar nie juis ‘n toekoms vir ons kinders en kleinkinders in hierdie land is nie. Rassisme sal nooit verdwyn nie, en dit is alleenlik die manier waarop jy hierdie verskynsel hanteer wat ‘n verskil in die toekoms kan maak. Dis juis hierdie feit en wat ek na 20 jaar se ANC-regering sien, wat mens so moedeloos maak.