Banda vlieg hoog in straler wat sy kwansuis verkoop het

Deel op
Ivor Ichikowitz
Ivor Ichikowitz

Die Malawiese president Joyce Banda het verlede jaar haar luukse straler verkoop om sleutelskenkers soos Brittanje gelukkig gehou.

Die straler is glo gekoop deur ‘n prominente Suid-Afrikaanse wapengroep, maar Banda gebruik steeds die vliegtuig sonder enige koste.

Die Dassault Falcon 900EX is gekoop deur Bohnox Enterprises, ‘n firma wat in die Britse Maagde-eilande geregistreer is. Hulle het die vliegtuig na Suid-Afrika gestuur waar dit uitgegeleen word aan BBP’s deur die stralermaatskappy Fortune Air.

Beide maatskappye is gekoppel aan die Paramount Group, Afrika se grootste privaatverdedigings- en ruimtebedryf.

Paramount Group het reeds met die Malawiese regering vir landbou, brandstof en die weermag kontrakte aangegaan deur ‘n netwerk van hul beleggingsmaatskappye .

Die groep word deur die Suid-Afrikaanse broers Ivor en Eric Ichikowitz besit en spesialiseer in die vervaardiging van gepantserde voertuie en onbemande vliegtuie .

Verslae in Malawi dui daarop dat sedert die vliegtuig verkoop is, het Banda dit gereeld gebruik om te reis tussen lande op die vasteland. Sy het 20 privaatvlugte in net drie maande onderneem, word gesê.

Wie betaal vir die gebruik van die straler?

Banda se woordvoerder sê dit is “weldoeners wat aan ons gesê het om nie hul identiteit bekend te maak nie.”

Banda het oënskynlik die presidensiële straler verkoop as ‘n teken dat sy nie die korrupsie wat Malawi onder haar voorganger, Bingu wa Mutharika, gekortwiek het, sal duld nie .

In November het die Daily Telegraph onthul dat ‘n familie-onderneming wat deur die direkteure van Paramount besit word, betaal vir Bell Pottinger, ‘n Londense beeldpoetser, om Banda se beeld op te kikker.

Teen ongeveer dieselfde tyd, het Paramount ‘n ooreenkoms met Malawi onderteken om sewe Interceptor-bote te verskaf om die Malawimeer te patrolleer.

Brittanje, wat in 2012 £117 miljoen se hulp Malawi geskenk het, het gesê “groter duidelikheid” van Banda oor die “sorgwekkende” onthullings word benodig.

“Dit is veral met betrekking tot of daar ‘n verband tussen die verkoop van die straler, die koop van bote en die Paramount Group is,” het Michael Nevin, die Verenigde Koninkryk se hoëkommissaris in Malawi, gesê.

Banda se woordvoerder, Steve Nhlane, kon nie bevestig of ontken of Paramount Group of enige van sy verwante maatskappye gratis reisgeleenthede aan die president bied nie.

‘n Woordvoerder vir Fortune Air het bevestig dat die maatskappy vliegtuie aan Banda beskikbaar gestel het, en dat alle koste vir die verhuring aan die president van Malawi ten volle vereffen is deur ‘n aantal derde party skenkers.

Hy wou nie sê of dit die Paramount Group was nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.