SA se duurste grondeis van R1 miljard afgehandel

Deel op

malamalaSuid-Afrika se duurste grondeis is Donderdag amptelik afgehandel, met president Jacob Zuma wat twee gedeeltes van die internasionaal bekende luukse wildkamp, Mala Mala – wat aan die Kruger Nasionale Park grens – aan die N’wandlamhlarhi Community Property Association oorhandig het.

Die oorsese toerismebedryf is in rep en roer oor die omstrede grondeis en ‘n afname in besprekings kan die eens winsgewende kamp knou.

Die omstrede R1 miljard-ooreenkoms kom te midde van die regering wat weer die omstrede grondhervormingskwessie deur middel van die voorgestelde wysigings aan die Wet op Herstel van Grondregte na 2018 wil verleng.

Die stryd tussen die eienaars van Mala Mala en die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming het so ver gegaan as die Konstitusionele Hof.

Minister Gugile Nkwinti het gesê: “Die totale grondwaarde blyk buitensporig te wees, maar dit moet in ag geneem word dat hierdie primagrond is soos deur deskundige getuies in die hof verduidelik is.”

MalaMala is geïntegreer by die Kruger Nasionale Park in 1993 toe die grensdraad tussen die twee verwyder is. Die reservaat se westelike grens, die Sandrivier , is van die beste wildbesigtiging in die gebied.

Die reservaat het ‘n 70% besetting en sy jaarlikse wins word beraam op R25 miljoen . Sowat 95 % van sy kliënte is buitelanders.

Michael Rattray , uitvoerende hoof van Mala Mala wat ‘n miljard Rand in die sak gesteek het, het gesê die finale transaksie sal ‘n voorbeeld word van hoe ‘n grondeis suksesvol hanteer kan word.

Volgens Tanya Kotze van Africa Direct wat spesialiseer in oorsese toeriste, het die onsekerheid oor die reservaat se toekoms reeds ‘n invloed op besprekings in Amerika wat afgeneem het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.