SA Akademie gaan transformeer

Deel op
Prof Wannie Carstens
Prof Wannie Carstens

Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns het hulself tot transformasie verbind, berig Martiens van Bart in Beeld. Die Akademie is in 1910 gestig om die Afrikaanse taal, literatuur, kuns en wetenskap te bevorder.

Die Akademie wil egter van sy wit en Afrikaanse beeld ontslae raak om demografie te weerspieël en met die internasionale asook politieke tydsgewrig in pas te wees.

Prof. Wannie Carstens, voorsitter van die Akademie, lig die 953 lede van die organisasie oor dié beleidswending in die voorwoord van die jongste uitgawe van die Akademie se Nuusbrief in.

Carstens skryf die Akademie is gebonde aan die huidige tydvak en verkeer onder druk om aan te pas.

“Daar kan nie voortgegaan word soos aan die begin van die 1990’s nie, aangesien die land sedert 1994 bloot te veel verander het.

“As liggaam transformeer ons, maar nie net in die betekenis waarin die ANC-regering van die dag die woord ‘transformeer’ beskou nie, naamlik verander die rassesamestelling van die organisasie om die demografie van die land te weerspieël.

“Die Akademie moet beslis ook in dié verband verander en dit word volgens ’n plan gedoen.

“As ons dit nie doen nie, gaan ons onsself as liggaam irrelevant maak vir die Afrikaanse gemeenskap omdat die Afrikaanse gemeenskap nie net wit is nie, ook nog nooit was nie.

“Ons wil hê dat die Akademie uit- eindelik die demografie van die Afrikaanse gemeenskap sal verteenwoordig.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.