Wittes as teenpool vir swartes

Deel op

Louise Mabille se skrywe, “Skuldstilte bevry niemand nie” (Praag, 6 deser), is te belangrik om gou in die vergetelheid te raak. Ek wil dit aanvul en vertolk. Mabille verwys na drie vorige deelnemers aan die debat.

Eerstens is daar Samantha Vice wat in 2010 in die Journal of social philosophy beweer het dat wittes gerehabiliteer moet word omdat bevoorregting hulle geestelik beskadig het. Wittes se welvaart is glo te danke aan die skade wat hulle nie-wittes aangedoen het. Volgens haar moet wittes onsienbaar en onhoorbaar word en na die swartes luister.

Tweedens is daar Pierre de Vos wat op 8 November 2011 op sy webwerf “Constitutionally speaking” beweer het dat wittes sedert 1994 nie benadeel is nie. Byvoorbeeld, die angs oor die afskaling van Afrikaans aan die Universiteit Stellenbosch is onnodig. Wittes moet glo nie vir hulle belange in die bres tree nie.

Derdens is daar die vars dwaasheid van Gillian Schutte in die Mail & Guardian van die 2de Januarie vanjaar. Onder die opskrif, “Dear white people”, dig sy al die geykte slegtighede aan wittes toe. En dan: “I call on white people to recognise that by jumping in on national debates that do not concern them they are usurping a platform for authentic black voices … White people please just shut up for once and listen.”

Veralgemenend kan gesê word dat hierdie drie mense van die veronderstelling uitgaan dat wittes sleg vir Suid-Afrika was en is; dat wittes liewer nie moet wees nie, of dat hulle in die openbare belang hulle ten minste sover moontlik onsienbaar en onhoorbaar moet maak. Dus, hoe swarter Suid-Afrika is, hoe beter.

Nêrens in hierdie drie uitlatings word iets goed van wittes of iets sleg van swartes gesê nie. Wittes word geëtiketteer as ‘n las, terwyl hulle in werklikheid oorwegend ‘n onontbeerlike bate is, onder andere omdat onder hulle leiding Suid-Afrika die ontwikkeldste land in Afrika geword het; iets wat ten minste in sommige opsigte tot voordeel van al die inwoners strek. Dit is in die openbare belang dat die positiewe aspekte van hierdie nalatenskap erken, gewaardeer en voortgesit word.

Vice propageer “that blacks must be left to remake the country in their own way.” Die afgelope twee dekades het die land onmiskenbaar en oorwegend in negatiewe opsigte al hoe meer soos ander Afrika-lande geword. Algerië en Zimbabwe ervaar nie groter welvaart sedert die wittes padgegee en stil geword het nie. Hoe groter die persentasie wittes in Suid-Afrika is, des te beter sal dit met die land gesteld wees.

Mabille verwys na Nelson Mandela en die Mandela-jare. Daar is deesdae ‘n neiging om daardie tydperk te veridealiseer omdat dit toe nie so sleg met die land gesteld was soos nou nie. Daardie beter toestande het myns insiens weinig aan Mandela te danke, al het hy baie gedoen om die wittes te probeer paai. Die land was in 1994 en enkele jare daarna in ‘n beter toestand as nou omdat die positiewe nalatenskap van die wittes toe nog duidelik sigbaar was. Verval word nie oornag oral sigbaar nie. Na verloop van bykans twee dekades word die verval egter al hoe meer opvallend.

Mabille verwys ook na die anti-koloniale uitsprake van Paulo Freire en Franz Fanon. Niks wat hulle geskryf het, kom naby die venyn en valsheid van die volgende stellings van Schutte nie: “It is the [black] poor who are the wretched fall-out from a more than 360-year history of white domination, slavery, subjugation and theft of livelihood … colonialism was a holocaust of epic proportions.”

Dan kom Mabille by die kern van haar betoog, naamlik dat swartes vanweë ‘n minderwaardigheidskompleks nie sonder verwysing na wittes handel nie. In hierdie proses word die wittes en veral die Afrikaners die sondebokke gemaak. Wat wittes gedoen het, word verdag gemaak. Hulle kry die skuld as swartes droogmaak. Dan word daar verwag dat die wittes verskoning moet vra.

Die punt wat gestel word, is dat wittes die model, ideaal of goudstandaard vir swartes bly. Swartes wil óf soos wittes handel óf doelbewus anders handel. In die bewussyn van swartes het daar nie ware bevryding van blanke oorheersing plaasgevind nie. Wat uit die oogpunt van swartmag nodig is, is dat swartes uit eie reg moet handel en grootmoedig self verantwoordelikheid vir die gevolge van hulle dade moet aanvaar.

Dit is onwaarskynlik dat die resulate dan beter sal wees. Myns insiens is die opkoms van sommige Oosterse lande sedert die Tweede Wêreldoorlog daaraan te danke dat sommige van die inwoners vindingryk genoeg is om die sukses van Westerse lande na te boots. Tersefdertyd slaag hierdie Oosterlinge daarin om hulle eie kultuur te behou insoverre dit nie strydig met voorspoed en vooruitgang is nie.

Фільчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.