‘n Amerikaanse oorlogskip is na die kus van Somalië gestuur waar ‘n vragskip wat deur die Verenigde Nasies gehuur is deur seerowers gekaap is.
VN-personeel sê die gekaapte skip, die MV Rozen, lê tans geanker nadat dit voedselhulp aan noord-oostelike Somalië gelewer het.
Daar is geen berigte van eise wat deur die seerowers aan boord gestel is nie. Hulle is gewapen met AK-47’s, maar dis nie bekend of enige van die 12 skeepslui beseer is nie.
Seerowery kom algemeen in Somalië voor, maar het gedurende die onlangse Islamitiese heerskappy tot stilstand gekom.
Lees verder: Amerikaanse oorlogskip na Somali? teen seerowers

Geagte dr. Boesak,