Ontleders het weke na die landswye munisipale verkiesing nog nie eenstemmigheid oor hoekom kiesers hul kruisies gaan trek het soos hulle dit gedoen het nie. Omtrent al wat duidelik is, is dat baie kiesers ‘n keuse uitgeoefen het wat hulle as pragmaties beskou, eerder as dat hulle vir hul eie beginsels gestem het. Dr. Pieter
Boere voed minister tot hy ‘vet en blink’ is
Gugile Nkwinti, minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, het Dinsdag in die parlement aangekondig dat die voorgenome Wetsontwerp op Grondbeskerming buitelandse grondbesit in Suid-Afrika sal reguleer. Nkwinti se adjunk, mnr. Thembelani Nxesi het daarna gedreig dat grondbesettings ‘n “werklike gevaar” sal wees indien grondhervorming nie vinniger geskied nie. Hy het gesê plaaswerkers word reëlmatig onwettig
Onderpresterende staatsamptenare moet jammer sê
Staatsamptenare wat nie hulle werk doen nie, moet in die openbaar om verskoning vra, het Richard Baloyi, minister vir die staatsdiens en administrasie, gesê. “Ons wil weet waar ons misluk het en ons vra sake-ondernemings en akademici om hul ervarings met ons te deel,” het hy in Sandton gesê. “Staatsamptenare is die toekoms van dienslewering
Lees verder: Onderpresterende staatsamptenare moet jammer sê
Polisie skiet betoger
‘n Vrou is noodlottig gewond tydens ‘n gewelddadige betoging in KwaDukuza, noord van Durban, het die polisie in KwaZulu-Natal Dinsdagaand gesê. “Gister (Maandag) is ‘n vrou doodgeskiet, na bewering deur ‘n ongeïdentifiseerde veiligheidswag,” het brig. Phindile Radebe gesê. Sy het ontken dat die vrou deur die polisie, wat op die skare van ongeveer 300 met
Chinese diplomate reik uit na Libiese rebelle
Chinese diplomate het in Benghazi, wat deur Libiese rebelle beheer word, aangekom om lede van die opposisie te ontmoet en die konflik in Libië te evalueer, het die regering Dinsdag gesê. Die onbekende diplomate van die Chinese ambassade in Egipte het Benghazi besoek “om ‘n beter begrip van die humanitêre toestand en die omstandighede vir
Ernstige bedenkinge oor die VVK
Ek loop dikwels kommentare onder Praag-artikels raak wat die Volksraadverkiesingskommissie se beplande verkiesing as ‘n lewensvatbare alternatief vir die rasse-sensus wat Suid-Afrika se gewone verkiesings verteenwoordig, probeer voorhou. Ek het al dikwels sulke inskrywings bevraagteken, spesifiek oor die onafhanklikheid van die VVK, en die antwoord is telkens dat die VVK soortgelyk aan Suid-Afrika se OVK is,
Grootste teeplaas in puin gelê
Die grootste teeplaas in die suidelike halfrond, Magwa Tea buite Lusikisiki in die Oos-Kaap, staar ondergang in die gesig nadat die plaas vroeër hierdie jaar deur sy werkers geplunder en verlaat is. Die plaas van 1 803 hektaar het ‘n omset van R65-miljoen per seisoen en verskaf werk en loopbaanopleiding aan 1 200 permanente en
Moderne geopolitiek
Nuwe tegnologiese ontwikkelings vereis ‘n voortdurende aanpassing aan ‘n konsep wat in die 60-gerjare van die vorige eeu besonder gewild was, die geopolitiek. As die strategiese belang van seeroetes bekyk word, is sekere gebiede doodgewoon belangriker as ander. Die Arabiese domino-rewolusie het onder meer beklemtoon hoe belangrik die Suezkanaal is. Kernmissieltegnologie het verseker dat die
Nòg ‘n plaasmoord ruk Randfontein
‘n Prominente boer se liggaam is om ongeveer 4.30nm deur plaaswerkers gevind, nadat hy Vrydagoggend as vermis aangemeld is. Lede van die plaaslike SAPD-sektorpolisie, honde-eenheid en lugvleuel, sowel as gemeenskapslede, en die plaaslike gemeenskapspolisieëringsforum (GPF), is al sedert Vrydag betrokke by ‘n reuse soektog na die boer, wat niks opgelewer het nie. Plaaswerkers, wat Saterdag
Volksmoordenaar gaan Mugabe opvolg
Die man wat die suksesvolle volksmoord in Zimbabwe in die tagtigerjare gedryf het, dr. Sydney Tigere Sekeramayi (67), gaan volgens alle aanduidings as die opvolger van Robert Mugabe aangewys word. Hy is sedert 2009 die minister van staatsveiligheid in Zimbabwe. Sekeramayi het sy opleiding in Swede en Tsjeggoslowakye ondergaan nadat hy uit sy skool in
