Die Tshwane-metroraad het teruggekrabbel oor die besluit om die Pretoriase stadsaal te hernoem en gesê verskeie ander ikoniese geboue en terreine in en om die stad sal nuwe name kry, eers na uitgebreide “konsultasies” en oorweging van die Suid-Afrikaanse Pleknaamraad.
Voorheen het sulke “konsultasies” gelei tot ‘n voorkeur vir name van terreurstigters en kommuniste aangesien die Pleknaamraad gepak is met Boerehaters en hul handlangers.
Die metro het voorheen gesê die opgeknapte Pretoriase stadsaal sal na Marthinus Pretorius, stigter van Pretoria, hernoem word. Marthinus Pretorius is tans die enigste voorgestelde naam vir die stadsaal in die naambasis, maar dit beteken nie veel nie.
Volgens Blessing Manale, woordvoerder van Kgosientso Ramokgopa, uitvoerende burgemeester, is die stadsaal net een van vele geboue wat name gaan kry en hernoem gaan word.
“Ons wil eers die hele (naam)pakket neerpen om aan die Suid-Afrikaanse Pleknaamraad te stuur vir oorweging en dan ‘n proses van deelname deur die publiek en belanghebbendes aan die gang kry.”
In September sal “konsultasies” gehou word in oorleg met die kantoor van die speaker.
Manale sê hulle hoop dat die proses teen Januarie volgende jaar voltooi sal wees, waarna dit in Februarie voor die raad sal dien. Die eerste hernoemingsplegtighede sal in Maart en April gehou word.
Die Heldeakker-begraafplaas in Pretoria-Wes, Soshanguve, die Wonderboom-lughawe en selfs die nuwe Munitoria-gebou gaan glo nuwe name kry.
