Spanning loop hoog in die Parlement waar egos buite beheer geraak het. “Straatmeid” is nou die nuwe swart belediging vir ‘n bruine.
Hierdie keer het ‘n geskel plaasgevind het tussen DA-LP Phumzile van Damme en ander parlementariërs tydens die staatsrede-debat.
Toe ‘n ANC-lid probeer het om ‘n vraag te stel, het Van Damme gegil “hou jou bek!” in Afrikaans.
Die voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies Thandi Modise het het haar hande vol gehad om Van Damme en die res van die “honourable membas” tot bedaring te probeer bring.
Van Damme het skril te kere gegaan, lede vir idiote uitgeskel, vinger gewys en met individue gestry. Kortom het die DA-lid elke reël oortree.
‘n ANC-lid het haar daarna twee keer vir ‘n “straatmeid” uitgejou.
Die debat oor President Jacob Zuma se staatsrede het net na 14:00 in die Parlement begin. Die leier van die opposisie Mmusi Maimane het oudergewoonte die ANC gekritiseer.
Hy het onder meer gesê dit is duidelik dat die ANC en die regering teen Suid-Afrikaners gedraai het.
Maimane het in sy toespraak gesê die regering het gegaan vanaf ‘n bevryder van die nasie tot ‘n onderdrukker van die nasie. Hy het veral die president gekritiseer, maar sy besware het soos ‘n jaloerse tirade geklink.
“Al waarvoor hy omgee is die voordele wat sy posisie hom bied,” het Maimane gesê, “die motors, die oorsese reise, die bloulig-brigades. Die ANC het opgehou om vir gewone Suid-Afrikaners om te gee.”
Maimane is gereeld tydens sy toespraak deur die vloer onderbreek en het net voor 15:00 sy toespraak afgesluit.
