Met die ontploffing in Gautreinpassasiers, het die Gautengse LUR vir Vervoer, Ismael Vadi aangekondig dat wysigings ingestel sal word.
Dié veranderinge vir die Gautrein sal die druk op die verhoogde getal passasiers verlig, het Vadi gesê.
Busroetes wat aan die begin van verlede jaat uitgebrei en verleng is, het bygedra tot meer passasiers.
Met spitstye sal agt-rytuigtreine ingestel word omdat die huidige vier waens wat in gebruik is, sukkel om die verkeer te dra.
Meer as 80.000 mense maak daagliks van die trein gebruik.
Die bedryfstyd tussen die OR Tambo-lughawe en Sandton sal met ‘n ekstra 30 minute verleng word.
Parkeergeriewe in Sandton sal tot middernag oopbly omdat passasiers wat sukkel weens vlugvertragings, nie anders by hul voertuie kan uitkom nie.
Planne om ritte na townships in Pretoria en Soweto in te stel sal ook aanstons aangekondig word. word. , terwyl die
