Vermeende moordenaars van Pinetown-bejaardes voor

Shongweni
Shongweni

Drie swart mans sal die 20ste November weer in verband met die moord op die 70-jarige John Noble en sy 68-jarige vrou, Hester in die Pinetown landdroshof, wes van Durban verskyn. Hester was ‘n Emphysemia-lyer.

Vyf ander verdagtes sal moontlik staatsgetuies word. Die moord op die bejaarde paartjie het plaaslike inwoners in die Shongweni-vallei verlede Donderdag geskok.

Die twee weerlose bejaardes is albei wreed vermoor. Hester is met haar suurstofpyp verwurg en John met ‘n stuk draad. Niks is uit die huis gesteel nie en hulle voertuig is ‘n entjie van hul woning verlate gevind.

Scelo Mathabane, Siyabonga Xaba en Philane Shange het Woensdag in die hof verskyn. Hulle staan tereg op aanklagte van moord en roof.

Die mans voer aan dat hulle veiligheid bedreig word, aangesien hulle glo dreigemente van die Hilcrest polisie ontvang het.

Landdros Ishmail Motaung het egter beslis dat hulle ter wille van ‘n spoedige ondersoek, in polisieaanhouding moet bly.

Hulle is vroeg Dinsdagoggend in hegtenis geneem en sal na verwagting die 20ste om borgtog aansoek doen.