‘n Staking deur tydelike poskantoorwerkers wat aflewering ontwrig, is in sy tweede week.
Die tydelike werkers het besluit om te staak totdat hulle permanente aanstellings kry.
Talle mense kla dat pos laat, of glad nie, afgelewer word nie.
Dienste in Johannesburg en Pretoria word die ergste geraak met posbusse wat nou al veertien dae leeg staan.
Die poskantoor sê daar kan nie aan die stakende werkers se eise voldoen word nie.
‘n Woordvoerder van die poskantoor het vroeër gesê dat so ‘n stap reuse finansiële verliese sal meebring.
