Motoriste kan volgende maand ‘n rekorddaling in brandstofpryse verwag weens internasionale oliepryse wat skerp gedaal het, het die Outomobiel Assosiasie (AA) het Woensdag gesê.
“Dit is ondanks ‘n geleidelike verswakking van die rand-dollar-wisselkoers oor die afgelope twee weke,” het die AA luidens ‘n verklaring gesê.
Na verwagting sal petrol met tussen R1,05 en R1,07 per liter daal terwyl die groothandelprys van diesel met 88c per liter goedkoper sal word.
Dié voorspelling kom nadat die Sentrale Energiefonds sy ongeouditeerde mid-Desember brandstofprysdata bekend gemaak het.
Volgens die AA is die werklike syfer moeilik om te voorspel aangesien ru-oliepryse afwaarts neig, terwyl die Rand ook teenoor die Amerikaanse dollar verswak.
Die prys wat motoriste by die pompe betaal teen die einde van die maand kan dus tot onder R12 per liter daal, meen die AA.
