Die Sentrum vir Ontwikkeling en Ondernemerskap sê daar is geen gemeenskaplike grond en samehangende beskouing in die regering se drie belangrikste ekonomiese beleidsrigtings nie.
Die uitvoerende direkteur van die Sentrum, Ann Bernstein sê die ekonomie is in die moeilikheid en Suid-Afrika het sekerheid nodig oor beleidsrigtings.
Sy het verwys na die regering se Nasionale Ontwikkelingsplan, die departement van Ekonomiese Ontwikkeling se Nuwe Groeiplan en die departement van Handel en Nywerheid se Nywerheidsbeleid-aksieplan.
Bernstein sê die drie dokumente gee teenstrydige weergawes van die land se beperkings en het verskillende idees oor waar werkskepping sal plaasvind.
Sy sê dit is nie duidelik watter een van die drie benaderings die regering kies nie. – RSG
