R28 miljoen vir jazzfees verdwyn

jazzfestivalDie KwaZulu-Natalse regering het R28 miljoen vir ‘n jazz-fees in Durban betaal wat nooit plaasgevind het nie, het die Sunday Tribune berig.

Die ekonomiese ontwikkeling en toerisme departement is besig om deel van die geld te verhaal. In Junie verlede jaar is ‘n ooreenkoms aangegaan met ‘n konsortium om die internasionaal bekende North Sea Jazz Festival aan te bied.

Die fees het nie plaasvind soos geskeduleer is in November nie as gevolg van ‘n geskil tussen die feespromotors, die fees se Nederlandse bestuur Mojo, en die departement. Die Sunday Tribune berig dat die departement R28 miljoen opgedok het, waarvan R16.9 miljoen bestee is sonder dat die fees plaasgevind het.

Die geleentheid is gekanselleer en die departement het ‘n terugbetaling van sowat R11 miljoen betaal aan Charmaine Cornille, een van die promotors, om die regte vir die fees van Mojo te bekom. Mojo het sedertdien beweer hulle is nooit betaal vir die regte nie.

Die departement het ‘n ooreenkoms aangegaan met die MPM/Softskills konsortium. Cornille was een van MPM se eienaars. MPM is later vervang deur Profile Kommunikasie, ook in besit van Cornille. Cornille ontken bewerings dat haar rol in die projek gelei het daartoe dat die fees gekanselleer word.

“Ek is ‘n fluitjieblaser in hierdie geval en ek het na die provinsiale tesourie gegaan en hulle van bedrog en korrupsie op groot skaal in kennis gestel,” het sy gesê.