
‘n Swarte wat daarvan beskuldig word dat hy ‘n wit motorfietsryer doodgeskiet het tydens ‘n padwoedevoorval, is Maandag op borgtog van R5000 in die Roodepoort-landdroshof vrygelaat.
Landdros Denise Smith het borg aan die moordbeskuldigde Meekahefele Masooa, 43, toegestaan.
“Die getuienis voor die hof blyk dat dit ‘n padwoedevoorval was. Die beskuldigde het nie van die toneel gevlug nie, maar vir die polisie gewag om te kom,” het sy gesê.
Die hof sal nog Masooa se feite toets, het sy gesê .
Sy het gesê Masooa en die oorledene se vuurwapen is aan die polisie op die toneel oorhandig.
Masooa het aan die hof ‘n beëdigde verklaring deur sy prokureur voorgelê waarin hy sê dat hy getroud is met vier dogters.
Die gesin woon in Centurion en besit ‘n huis van R2.2 miljoen. Masooa is ‘n arbeidswetkonsultant, het die hof gehoor.
Hy het gesê die oorledene, die motorfietsryer Douglas Pearce, het hom gekonfronteer op die dag van die voorval.
“Hy het op my geskree en sy middelvinger vir my gewys … Ek weet nie hoekom hy dit gedoen het nie.”
Die motorfietsryer het toe gestop en ‘n vuurwapen op hom gerig.
Masooa het gesê hy was in gevaar en het sy geweer uitgehaal om homself te verdedig. Hy het die wit motorfietsryer daarna geskiet.
“Ek het opgetree binne die wetlike perke.”
Masooa se regsverteenwoordiger het gesê sy kliënt het ‘n “skietwond aan die kop” gehad, maar die aanklaer het dit verwerp en gesê ‘n mediese verslag voor die hof dui daarop dat dit slegs skrape was en nie ‘n skietwond nie.
Masooa is voorheen in hegtenis geneem vir die rig van ‘n vuurwapen op iemand, maar is nog nie skuldig bevind nie, het die aanklaer Sam Campher gesê.
Die staat het borgtog teengestaan weens die erns van die oortreding.
Masooa het gesê hy sal onskuldig pleit.
Die 39 -jarige Pearce is verlede Vrydag doodgeskiet in ‘n oënskynlike padwoedevoorval in Malibongwerylaan.
Volgens ’n ooggetuie was Pearce besig om na sy motorfiets terug te stap toe die eerste skoot hom laag in die rug getref en sy lyf deurboor het
Met die tweede trek van die sneller, was daar nie ’n patroon in die silinderkamer van die rewolwer nie. maar die swarte het aanhou skiet en die derde skoot het Pearce in die linkerboarm getref.
Hy is op die toneel dood nadat hy doodgebloei het. Drie ooggetuies het bevestig dat Pearce nooit ’n skoot afgetrek nie.
Die polisie het sy hande op die toneel getoets vir kruitneerslag maar niks gevind nie.
Die saak is tot April 25 uitgestel.
