Die nasionale KhoiSanraad het begin om die verskillende gemeenskappe, wat wag op inheemse erkenning van die nasionale regering, in die Vrystaat te verenig.
Dit volg nadat van dié gemeenskappe in die provinsie glo nie ingesluit word tydens samespreking met die provinsiale regering nie.
Hoofman van die Griekwa-leierskap in die provinsie en lid van die nasionale KhoiSanraad, Frans Kraalshoek, sê terwyl die gemeenskappe wag op wetgewing wat gemeenskappe as inheemse volke gaan erken is dit belangrik dat hulle uit een mond praat.
