‘n Vierde swarte is in hegtenis geneem in verband met die moord op ‘n boer van KwaZulu-Natal, het die polisie Donderdag gesê.
“‘n 24-jarige verdagte is in die Nkwezela-gebied, Himeville, in hegtenis geneem. Hy verskyn vandag [Donderdag] in die Himeville-landdroshof op aanklag van moord,” het kapt. Thulani Zwane, polisiewoordvoerder, gesê.
Die man en drie ander het na bewering op 17 Oktober die 56-jarige Dan Knight en sy vrou in hul huis in Underberg aangeval.
Knight se hande en voete is vasgebind en hy is aangerand, waarna hy later gesterf het.
Sy vrou is in die toilet toegesluit, maar het later deur ‘n venster ontsnap en hulp ontbied.
Die mans het ‘n Toyota Landcruiser, Isuzu-bakkie, ‘n selfoon en drie haelgewere gebuit, het Zwane gesê.
Die drie ander is op 20 Oktober in hegtenis geneem en het reeds in die hof verskyn. – Sapa
