‘n Voormalige swart werker van die Gautrein se bestuursagentskap is op ‘n reeks aanklagte, insluitend bedrog, in hegtenis geneem, het RSG berig.
Die woordvoerder van die Valke, Paul Ramaloko sê hulle het die 30-jarige man by sy huis in Ga-Rankuwa, noord van Pretoria, aangekeer.
Ramaloko sê die verdagte se kontrak by die agentskap is twee weke gelede opgeskort nadat ‘n interne ondersoek bevind het dat hy waarskynlik betrokke was by verliese van miljoene rand by die agentskap.
Die man verskyn vandag in die Johannesburgse gespesialiseerder handelsmisdaadhof. Nog mense kan aangekeer word.
