Die Openbare Beskermer se kantoor sê Thuli Madonsela evalueer ‘n klag oor Vega Gupta se omstrede troue waar 270 bruilofgaste vroeër vanjaar by ‘n militêre lughawe, Waterkloof-lugmagbasis, kon land.
“Die evaluering van die klag is nog aan die gang…” het Oupa Segalwe, ‘n woordvoerder, gesê.
Hy sê onderhoude word ook met getuies gevoer.
“Die Openbare Beskermer sal eers ná die evaluering besluit of ‘n volskaalse ondersoek na die saak van stapel gestuur sal word.”
Segalwe sê onderhoude is reeds met twee van die drie getuies gevoer.
Die regering se ondersoek het bevind dat pres. Jacob Zuma en sy ministers nie ‘n aandeel aan die landing gehad het nie. – Sapa
