Die eertydse Australiese gholfkampioen Greg Norman is in die hospitaal nadat hy Saterdag amper sy hand met ‘n kettingsaag afgesny het.
Die voormalige Australiese nommer een-speler het ‘n foto van homself op Instagram geplaas waar hy in ‘n hospitaalbed lê met ‘n verbinde arm.
By sy foto het hy geskryf: “As ‘n mens met ‘n kettinsaag werk, moet jy altyd waaksaam wees. Ek was ‘n gelukkige man. Beseer, maar nog nie plat geslaan nie. Ek het darem nog my linkerhand.”
Ironies genoeg het Norman die vorige week ‘n foto van homself geplaas waar hy ‘n boom met die kettingsaag takel.
Norman het twee Britse Ope-kampioenskappe verower en was die wêreld se nommer een -speler vir 331 weke in die jare tagtig en negentig.
