Die dodelike siekte Ebola wat in Wes-Afrika uitgebreek het, kan verder grense oorsteek na nog buurlande.
Dié moet voorbereid wees vir die risiko dat reisigers die virus na hulle kan versprei, het die Wêreldgesondheidsorganisasie gesê.
“Ons wil hê ander lande in Wes-Afrika – Ivoorkus, Mali, Senegal en Guinnee Bissau – moet reg wees ingeval mense met die virus hul land binnekom,” het dr. Pierre Formentry gesê.
Die virus het reeds talle lewens geëis.
