Honderde kopieë van die “Anne Frank se dagboek” en verwante boeke oor haar is gevandaliseer in biblioteke in Tokio.
Biblioteek-amptenare het die polisie in kennis gestel dat minstens 265 kopieë by 31 biblioteke se bladsye uitgeskeur is.
Die voorval het Amerikaanse Joodse menseregtegroep, die Simon Wiesenthal-sentrum, genoop om ‘n beroep te doen dat ondersoek na die voorval ingestel word.
“Die geografiese omvang van hierdie voorvalle suggereer sterk dat dit ‘n georganiseerde poging is om die nagedagtenis van Anne Frank te skend,” het Abraham Cooper van die sentrum gesê.
