Mangaung Metro ontken dat water besmet is

Die Mangaung Metro het ontken dat water in Bloemfontein met, onder meer, padavissies en bakterieë besmet is.

OFM Nuus is oorval deur navrae oor ‘n moontlike problem met die water soos wat beweer word in ‘n Whats App-boodskap wat die rondte doen.

Volgens ‘n luisteraar, Hester Taljaard, word die boodskap onder Bloemfonteiners versprei met die waarskuwing dat daar paddavisse en allerlei ander goed in die water is wat mense baie siek maak.

Nog ‘n luisteraar het gesê sy is baie bekommerd oor dié bewerings aangesien sy ‘n drie maande-oue baba het en wou weet of sy eerder gebottelde water moet koop.

Mangaung Metro-woordvoerder Qondile Khedama het egter vanoggend by navraag gesê die bewerings is onwaar.