Blankes meer skepties oor 2010 sokker, maar hulle gee steeds om

Image16:29:40 Die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing het bevind dat wit Suid-Afrikaners meer skepties is oor Suid-Afrika se gereedheid om die 2010-sokkerwêreldbeker aan te bied ofskoon dit nie beteken dat hulle nie daarvoor omgee nie.

Die opname wat Dinsdag op die RGN se webwerf gepubliseer is, lui dat wit Suid-Afrikaners meer skepties as Indiër- en gekleurde Suid-Afrikaners is en baie meer as swart Suid-Afrikaners.

Ongeveer 3 300 mense het aan die opname deelgeneem. Die bevindinge is gebaseer op 'n ontleding van dieselfde opname in 2007 ná die kommentaar van die vorige minister in die presidensie, Essop Pahad, tydens die Beijing-Olimpiese Spele.

Pahad het beweer wit Suid-Afrikaners wil graag sien dat Suid-Afrika se gasheerskap van die Wêreldbeker 'n mislukking moet wees. Die opname sê hulle kommer kan eerder geïnterpreteer word as 'n teken dat hulle  omgee dat die land in die bes moontlikste lig gesien word as wat dit 'n gebrek aan belangstelling toon.

Die studie het bevind dat minstens 95 persent van wit Suid-Afrikaners oor die laaste drie jaar konsekwent geglo het dat die land as gasheer voordeel uit die skouspel sal trek. Die voordele strek van werkskepping, verhoogde toerisme tot ekonomiese groei.  Oor die nalatenskap van die gebeure is swart Suid-Afrikaners meer optimisties oor die impak van die wêreldbeker.

Die opname het bevind dat 8 uit 10 wittes glo in die saambindende krag van sport. Die opname wys dat wit Suid-Afrikaners, soos andere, by die Wêreldbeker betrokke is en daarvoor omgee. Om iets anders te beweer, ondermyn die gemeenskaplikheid wat bevorder behoort te word.

машинки на радиоуправлениеФильчаков прокуратура харьков

Barker val Santana aan

Clive Barker, Bafana Bafana se mees suksesvolle afrigter, sê die Brasiliaanse afrgter Joel Santana is besig om die nasionale span te vernietig.

Hy meen Santana is heeltemal onbevoeg.

Hy het gevra vir 'n dringende SAVV-rondetafelvergadering met nasionale afrigters.

Barker het gesê hyself, Trott Moloto, Shakes Mashaba en Jomo Sono behoort bymekaar te kom om die weg vorentoe uit te stippel.

'n Senior Bafana-speler het gesê daar was geen kommunikasie nie aangesien Santana nie Engels praat nie. Barker het ook gesê hy vind dit ongelooflik dat die SAVV 'n nie-Engelssprekende kon aanstel.

Barker het die Afrikanasiesbeker in 1996 op die tuisveld gewen.

to promoteалександр лобановский харьков класс

W?reldbekerkaartjies word aanstaande jaar verkoop

Image

Foto: Michi Beck

Kaartjiebesprekings vir die 2010-wêreldbeker sal op 2 Februarie aanstaande jaar open.

Die stelsel is ontwerp om swartmarkverkope te voorkom, sê FIFA.

Slegs aansoeke om vier kaartjies per klant sal toegelaat word. Geen kaartjies sal in groot maat verkoop word nie.

FIFA glo dat die kaartjies gou gaan uitverkoop, hoewel hulle nog nie op die pryse daarvan besluit het nie.

Die goedkoopste kaartjies sal aan Suid-Afrikaners beskikbaar gestel word, volgens FIFA.
хамама мозаикойтопкарго кидалы