Sonkarre voor steil toets in Suid-Afrika

16:49:57 Die eerste sonkrag-aangedrewe motorwedren in Afrika is uiteindelik aan die gang met sewe spanne van Suid-Afrika, Indië, Japan en Maleisië wat na verwagting die kwarteindrondte Maandagaand op Beaufortwes bereik.

Die wedren het Sondag in Pretoria begin en ses sonkrag-aangedrewe motors en 'n bromponie wat deur hoë-kragbrandstof aangedryf word, word voor die einde van die week in Durban verwag.

Die voertuie gaan ongeveer 140 dorpe aandoen op hulle 4 200-kilometerreis vanaf Gauteng oor Kaapstad en Durban. SA Sonkrag Uitdaging-organiseerder Johan Viljoen sê die gebeurtenis word beskou as 'n uitdaging eerder as 'n wedren en die doel is om openbare bewustheid oor alternatiewe brandstof- en vervoertegnologie te stimuleer. Die weer was op die eerste dag tussen Pretoria en Kimberley vir die grootste gedeelte van die oggend betrokke.

Die vinnigste motor (uit Japan) kon 'n topspoed van slegs 80 kpu behaal weens die tekort aan sonkrag. Drie Suid-Afrikaanse voertuie neem deel – een elk uit Johannesburg, Kaapstad en Pretoria. Twee spanne elk uit Indië, Japan en Maleisië (waarvandaan die bromponie kom) maak die ander deelnemers uit.

Viljoen sê dit is jammer dat daar geen spanne uit Durban is wat deelneem nie omdat die Universiteit van Kwazulu-Natal die eerste universiteit in die land was wat 'n sonkrag-aangedrewe motor gebou het. Indien niks voorval nie gaan sewe baie snaakse voertuie Sondagmiddag in Durban aankom.

Al die voertuie gaan Maandag by die openbare vertoning van MTN se Wetenskapsentrum by Gateway in Umhlanga te sien wees voordat hulle op die finale been van hulle terugreis na Johannesburg vertrek. Mense sal met die spanlede oor hulle motors en die ongewone tegnologie kan gesels.

'n Soortgelyke 3 000-kilometeruitdaging word sedert 1983 in Australië gehou maar die Suid-Afrikaanse gebeurtenis is meer veeleisend omdat die voertuie met byna 70 kilometer steil opdraandes te doen kry terwyl die Australiese wedren oor 'n feitlik plat terrein gehou word.

сварочные полуавтоматыАлександр Фильчаков Васильевич

CERN se atoomversneller skop af

Die wêreld se kragtigste atoomversneller sal vandag op 10 September 2008 aangeskakel word vir 'n eksperiment wat 20 jaar sal duur om die geheime van die heelal te ontsluit.

Reusagtige magnete wat afgekoel sal word na temperature wat kouer is as in die buitenste ruim sal 'n straal protone teen byna die spoed van lig afvuur in 'n ondergrondse tonnel van 27km lank wat onder Geneva, Switserland, gebou is.

Alhoewel dit aangeskakel word sal dit nog etlike weke duur voordat wetenskaplikes by die Europese Organisasie vir Kernnavorsing – wat as CERN soos die Franse afkorting lui, bekendstaan – ook die straal in albei rigtings stuur in die buis.

Die botsing van die twee protonstrale sal op 'n subatomiese vlak intense energie naboots wat 'n miljoenste van 'n sekonde ná die Groot Knal onstaan het om ons heelal 14 miljard jaar gelede te skep.

Sensors so groot soos katedrale is aangebring om enige spoor van nuwe elemente wat by só 'n botsing kan ontstaan, op te vang. Dit sal bestaande teorieë toets en dalk nuwe kragte en verborge dimensies van tyd en lig ontbloot.

Die versnellerbuis, sê fisici, is 'n ontdekkingsmasjien. Hulle weet nie wat hulle daarbinne gaan ontdek nie. Die VSA het 1 200 wetenskaplikes wat deelneem aan die projek uit 9 000 geleerdes uit 80 lande. Rusland en Indië neem ook deel. Die VSA het in 1993 hulle eie superversnellerprojek laat vaar.

Die eerste eksperiment sal wees om die Higgs Boson partikel te ontdek. Peter Higgs, 'n Britse fisikus, het die bestaan van die partikel wat massa aan materie gee 40 jaar gelede gepostuleer. Prof. Higgs wat volgende jaar 80 word, sê hy hoop hy was reg.

Nobelpryswenner Stephen Hawking van Cambridge Universiteit het CERN se kategoriese verwerping dat mikroskopiese swart gate deur die versneller geskep sal word  heeltemal ondersteun deur sy teoretiese modelle.

'n Veiligheidsoorsig wat verlede week die lig gesien het, het die versnellerbuis, veilig verklaar. Robert Aymar, Cern se direkteurgeneraal, sê die buis hou geen risiko in nie en enige beswaar daarteen is gegrond op suiwer fiksie.

поильник купитьданильченко юрій броніславович компромат

Neanderdallers het geneties van die mens afgesplinter

Image

Rekonstruksie van ‘n Neanderdaller

Stringe DNS wat van die gefossileerde dybeen van 'n Neanderdaller verkry is, toon dat hulle van die moderne mens afgesplinter het.

Die 38 000-jarige been is in 'n grot in Windija, Kroasië ontdek.

Navorsers by die Max Planck-instituut in Duitsland het die hele hele DNS-ketting gelees en teruggevoer na die moeder van alle Neanderdallers.

Die span het streng verskillende gene teenoor moderne mense gevind, wat suggereer dat Neanderdallers nooit, of net by uitsondering, met die vroeë mense geteel het.

Die spesie het waarskynlik in Europa rondom 30 000 jaar gelede uitgesterf, nie lank ná die aankoms van die vroeë mense nie.

Neanderdallers was kort en bonkig en goed aangepas vir 'n koue klimaat. Hulle breine was gemiddeld groter as dié van moderne mense.

Die span het 4% van die Neanderdal se hele genetiese kode gelees en hoop om die volledige ketting teen die einde van die jaar te voltooi.

диагностика оборудованияДанильченко

Rasse stam van verskillende ape af

06:56:53 'n Lid van die Koninklike Aardrykskundevereniging beweer dat mense hoegenaamd nie uit Afrika afkomstig is nie. Swartes, wittes

Image

Lucy: dalk nie ons voorouer?

en Asiërs stam volgens hom van verskillende aapvoorouers af.

Akhil Bakshi, met die ondersteuning van Indié se eerste minister, beweer dat Negroïdes, Kaukasiërs en Mognoloïdes nie net aparte rasse verteenwoordig nie, maar aparte spesies van verskillende kontinente.

Bakshi het die Gondwanaland-ekspedisie van Indië na Suid-Afrika in 2006 gelei.

Professor Lee Berger, 'n paleoantropoloog van Wits, sê Bakshi is geheel en al verkeerd omdat ras 'n kulturele konstruk is en nie 'n biologiese werklikheid nie.

Biologiese rasseonderskeidings is in 2003 van die Amerikaanse nasionale medisynebiblioteek verwyder.

Bakshi, wat 'n invloedryke figuur in Indië is, sê sy sienings mag as polities onkorrek gesien word.

липецк опцииАлександр Фильчаков

‘n Ysvrye Noordpool?

ImageWetenskaplikes met aansien is besig om te waarsku dat die Noordpool teen die somer van 2013 ysvry kan wees.

Soos wat storms oor Alaska se Beaufort-see warm lug in die poolstreek begin intrek, toon satellietbeelde dat ysspitse vinniger as ooit tevore begin disintegreer.

Verlede jaar het meer as 'n miljoen vierkante kilometer gedurende die somer as gevolg van aardverwarming gesmelt.

Wetenskaplikes sê dat 2008 nog die ergste jaar op rekord mag word wat die ysbedekking oor die Noordpool betref en dat dit so vinnig gebeur dat rekenaarmodelle nie eens kan byhou nie.

Die verlies aan see-ys in die Noordpool kan grootskaalse weerkundige, omgewings- en ekologiese gevolge hê.

Sonder die afkoeleffek daarvan, gaan weerpatrone in die noordelike halfrond erg vesteur word, waaronder storms wat oor Brittanje kan woed.

best bridal jewelryФильчаков

Wetenskaplikes vol vertroue dat hulle aardbewings kan voorspel

Wetenskaplikes in die V.S.A. het op 'n verskynsel afgekom wat hulle glo vir hulle vooraf waarskuwing oor 'n dreigende aardbewing sal gee.

Navorsers wat die berugte San Andreas-foutlyn, wat aardbewings veroorsaak in Kalifornië, bestudeer, het veranderinge in die drukking op rotse ure voor twee klein skuddings in die gebied waargeneem.

Hulle het hulle bevindinge in Nature-tydskrif beskryf.

Hulle waarnemings is gedoen by die San Andreas-foutobservatorium by diepte, of SAFOD, wat in Parkfield, 'n klein plattelandse dorpie, opgestel is.

Die omgewing ervaar gereeld kleiner skuddings.

SAFOD het diep gate in die klipkors geboor en studies het getoon dat die verandering in drukking in die rotse voorkom, ure voordat die skuddings plaasvind.

Hierdie bevindinge kan van onskatbare waarde wees om die skade en lewensverlies tydens 'n groot aardbewing te beperk. 

 дровяные печи камины для доматопкарго

Ruimtetuig land in poolgebied op Mars

Die ruimtetuig van NASA, die Phoenix Mars Lander, het gister sagkens op Mars se arktiese vlakte geland in 'n gebied waar vermoedelik ys begrawe is.
Wetenskaplikes kon vir die eerste keer beelde van die rooi planeet se noordelike gebiede beskou. Die landskap is soortgelyk aan die permamente-ysgebiede op aarde, met geometriese patrone wat deur die vries en ontdooi van grondys veroorsaak word.

Phoenix het op Mars geland na 'n reis van 700 miljoen kilometer wat 10 maande geduur het. Anders as twee mobiele tuie wat reeds op Mars teenwoordig is, is Phoenix ontwerp om op een plek te bly en slote in die grond te grawe.

штукатурная смесьОлександр Васильович Фільчаков