Die globale kredietinsinking wat 'n jaar gelede begin het, het bankiers gedwing om elders te begin soek.
Omtrent 33 000 finansiële werksgeleenthede in New York sal teen Junie 2009 verdwyn.
Michael Maloney, wat finansiële beroepslui vir Maloney Inc. rekruteer, sê dat hy nog nooit oor die afgelope dertig jaar iets soortgelyks gesien het nie.
Verkoopsmanne en handelaars in staatseffekte probeer tans alles van kroegman speel tot eiendomsagent wees sodat hulle hul betalings op versekering en skoolfonds vir hul gesinne kan bykom, sê Maloney.


China gaan aanstaande jaar die VSA as die wêreld se grootste produsent van vervaardigde goedere verbysteek.