Twitter verfyn sensuur

Twitter gaan sy tegnologie verfyn sodat boodskappe op ‘n basis van land tot land gesensureer kan word. Die bykomende buigsaamheid het vrese laat ontstaan dat Twitter se verbintenis tot vryheid van spraak aan die taan is. Dié aankondiging is gemaak omdat die kortboodskapmaatskappy in nuwe lande wil uitbrei in ‘n poging om hulle gebruikers te

Lees verder: Twitter verfyn sensuur

‘Wouter Basson was ‘n verraaier’

Die hooggeregshof in Pretoria sal na verwagting Vrydag uitspraak lewer oor ‘n aansoek deur die kardioloog Wouter Basson om ontslag op ses aanklagte van onprofessionele gedrag. Basson is van onprofessionele gedrag beskuldig terwyl hy hoof van Suid-Afrika se chemiese en biologiese oorlogvoeringsprogram was en verskyn voor die Raad vir Gesondheidsberoepe van SA se komitee vir

Lees verder: ‘Wouter Basson was ‘n verraaier’

SA se geletterdheidsvlakke bedremmeld laag

Nuwe navorsing deur die SAIR het getoon dat Suid-Afrika se volwasse geletterdheidsvlak laer as dié van ander opkomende lande is. Dit is desondanks Suid-Afrika se enorme besteding aan onderwys. Die opname wat deur die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge gedoen is, toon dat Suid-Afrika se besteding aan staatsonderrig, as deel van die totale regeringsbesteding, in die

Lees verder: SA se geletterdheidsvlakke bedremmeld laag

Slawerny in die VSA deur museumuitstalling ondersoek

Thomas Jefferson het geskryf dat: “alle mense gelyk geskape is” om die Amerikaanse onafhanklikheid van Brittanje te verklaar, maar hy was ‘n lewenslange slawe-eienaar, wat slegs nege van sy meer as 600 slawe vrygestel het tydens sy leeftyd. Dié teenstrydigheid tussen ideale en die realiteit is die middelpunt van ‘n nuwe uitstalling wat Vrydag in

Lees verder: Slawerny in die VSA deur museumuitstalling ondersoek

Identiese vierling ‘n wonderwerk sê Duitsers

Dokters by ‘n kliniek in die ooste van Duitsland het die geboorte van die vier identiese meisies beskryf as ‘n wonderwerk. Laura, Sophie, Jasmin en Kim was 10 weke prematuur, maar dokters by die Universiteitskliniek van Leipzig sê hulle het ‘n goeie kans op oorlewing. Hulle is uit ‘n natuurlike swangerskap gebore mbv ‘n keisersnee.

Lees verder: Identiese vierling ‘n wonderwerk sê Duitsers

VN-verslag verbind Boko Haram en Al-Kaida

Boko Haram, ‘n militante groepering van Nigerië het bande met Al-Kaida en ander soortgelyke groepe in Wes-Afrika, volgens ‘n VN-verslag wat Woensdag vrygestel is en wat die groeiende kommer van die streek se leiers beklemtoon. Aanvalle, aanhoudings en onwettige plofstof en wapens – baie gesmokkel uit Libië – teister tans Tsjad, Mali, Mauritanië, Niger, Nigerië

Lees verder: VN-verslag verbind Boko Haram en Al-Kaida

Die woord vir 2011: Vasvat

Verslaggewers Sonder Grense het die woord “vasvat” [crackdown] as die woord van 2011 gekies. Joernaliste wat protes regoor die wêreld gevolg het, is getoets soos nog nooit tevore nie. Die Paryse mediavryheidgroep het gesê dat die vlaag van opstande in die Midde-Ooste, die Occupy-beweging in die Weste asook voortgesette protes in China het joernaliste in

Lees verder: Die woord vir 2011: Vasvat

Rassisme spook by sokker

Sokker se rassismespook loop weer. Die twee onlangse rassisme-insidente by die FA Cup se vierde ronde sal hierdie naweek weer sorg vir hoë spanning met die betrokke klubs wat voorberei om mekaar opnuut by te dam. Manchester United sal Saterdag na Anfield reis vir die eerste keer sedert die verdediger Patrice Evra herhaaldelik deur die

Lees verder: Rassisme spook by sokker

Davos verdedig kapitalisme

Sommige van die wêreld se top hoofuitvoerendebeamptes erken dat kapitalisme ongelykhede laat toeneem, maar hulle sê dit is beter as enige alternatiewe stelsel. Dié verdedigende salvo’s van die HUB’s is Woensdag met die afskop van gesprekke by die Wêreld Ekonomiese Forum in die Switserse ski-oord van Davos gehoor. Europa se skuldkrisis en ‘n dreigende verlangsaming

Lees verder: Davos verdedig kapitalisme

Taxi’s maai onder swart bevolking

Die minister van vervoer, mnr. S’bu Ndebele, het in die parlement bevestig dat die afgelope drie finansiële jare vanaf 2008 daar 5315 mense gesterf het net in taxi-ongelukke. In dieselfde tydperk het 1020 mense in busongelukke, 14 163 voetgangers en in totaal 41 431 mense in noodlottige ongelukke gesterf. Hy het geantwoord op ‘n vraag

Lees verder: Taxi’s maai onder swart bevolking