Daar was dié week weer ‘n vrag vol mooiklinkende beloftes: Afrika-ontwikkeling, integrasie, veiligheid en volhoubaarheid om swaargewig Nskosazana Dlamini-Zuma se kandidatuur as hoof van die Afrika-Unie se Kommissie ‘n hupstoot te gee. Suid-Afrika se ambisieuse plan om Afrika se toekoms te bepaal, is Woensdagmiddag onthul in ‘n konferensiekamer van die Bela Bela-munisipaliteit waar vyf topkabinetsministers
ANC vat Weskusmunisipaliteit
Die ANC in die Wes-Kaap is besig om in te beweeg in DA-beheerde gebiede en het een van sy munisipaliteite in die provinsie verower nadat kragte saamgesnoer is met klein burgerlike organisasies deur middel van ‘n koalisie. Songezo Mjongile, die provinsiale sekretaris van die Wes-Kaapse ANC, het gister bekend gemaak in Kaapstad dat sy party
‘Massiewe daling’ in MIV-gevalle in SA verwag
Suid-Afrika, die tuiste van die hoogste aantal MIV-gevalle in die wêreld, behoort ‘n massiewe daling teen die einde van die dekade te sien na ‘n verandering in die regering se beleid, het ‘n UNAIDS-amptenaar Donderdag gesê. “Daar is nou meer mense met MIV-infeksies hier as enige land in die wêreld, met 5,6 miljoen. Dit is
Jeugliga sal opmars na Pretoria oor inmenging
Die plasing van departemente onder administrasie instede daarvan om hulle te help het probleme vir die mense in Limpopo geskep, het die ANC-jeugliga in die provinsie gister gesê. “As ‘n gevolg van die inmenging van die nasionale Kabinet, is dienslewering in Limpopo letterlik verlam,” het die liga in ‘n verklaring gesê. “Vir die eerste keer
Vyf Marokkane steek hulself aan die brand
Vyf werklose Marokkaanse mans het hulself aan die brand gesteek in die hoofstad Rabat as deel van wydverspreide betogings in die land oor die gebrek aan werksgeleenthede, veral vir universiteit-gegradueerdes, het ‘n menseregte-aktivis gister gesê. Drie is erg verbrand en in die hospitaal. Self-opoffering is ‘n taktiek van protes in die Midde-Ooste en Noord-Afrika sedert
Charles Taylor was ‘n CIA-agent
Charles Taylor van Liberië, die eerste Afrikastaatshoof wat vir oorlogsmisdade vervolg word deur ‘n internasionale geregshof, het vir die CIA gewerk, het die Boston Globe hierdie week berig. Die verslag, wat gebaseer is op inligting wat beskikbaar gestel mag word na ses jaar, beweer dat Taylor vir jare lank ‘n verhouding met die Amerikaanse spioenasie-agentskap
Limpopo sonder skoolboeke, bankrot
Skole in Limpopo sal binne die volgende paar dae hulle handboeke kry. Die Minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, het dit belowe by ‘n mediakonferensie in Limpopo wat deur die Minister van Finansies, Pravin Gordhan, toegespreek is. Gordhan het verduidelik dat Limpopo bankkrot is en daarom onder administrasie geplaas is. Talle skole in Limpopo het
Terugkoopkoers onveranderd
Die Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee het soos allerweë verwag is, die terugkoopkoers onveranderd op vyf komma vyf persent gehou. Die president van die Reserwebank, Gill Marcus sê geadministreerde pryse bly ‘n bron van kommer. Marcus het hoë elektrisiteitspryse genoem en ook gesê kospryse is ‘n belangrike faktor wat inflasie aanblaas. Marcus sê plaaslike ekonomiese groei
Swart skerm
лобановский александр
DA kos Pretoria R14 miljoen
Tshwane se belastingbetalers sal R14 miljoen moet uithaal vir ‘n wykskomiteeverkiesing wat nooit gebeur het nie omdat die DA die proses se geldigheid bevraagteken. Inwoners in al 105 betrokke kieswyke was veronderstel om in Januarie wykskomiteeverkiesings te hou. Die regering het in 2011 munisipaliteite versoek om hul wykskomitees binne drie maande ná afloop van die
