Nog ‘n reuse aardbewing tref Soematra

‘n Reuse-aardbewing van 7.9 op die Richterskaal naby die eiland Soematra, het in die stad Padang groot geboue verwoes en vernietigende brande veroorsaak, het geoloë gesê. “’n Aantal hotelle is vernietig,” het Rahmat Triyono, die hoof van Indonesië se geofisika- en meteorologie-agentskap, gesê. Hy het ook bygevoeg dat sy agentskap nie verantwoordelik is vir die

Lees verder: Nog ‘n reuse aardbewing tref Soematra

Afriforum begin boikotaksie teen Nestlé

Die Afrikaanse burgerregte inisiatief, AfriForum, het ʼn internasionale veldtog begin om mense aan te moedig om alle Nestlé-produkte te boikot, sou Nestlé nie teen 7 Oktober 2009 ʼn besluit neem om die aankoop van melk van Grace Mugabe – vrou van Zimbabwiese diktator, Robert Mugabe – te staak nie. AfriForum het reeds ʼn webblad, geskep,

Lees verder: Afriforum begin boikotaksie teen Nestlé

Geweld in Guinee duur voort

Guinee het Woensdag “subversiewe” byeenkomste verbied nadat twee dae van nasionale rou afgekondig is. Troepe het Maandag losgebrand op ‘n skare van opposisieondersteuners in ‘n stadion en 157 mense is in die regeringsoperasie gedood, sê menseregteaktiviste. Die land se militêre diktator het gesê hy is jammer oor die geweld, maar volgens menseregteorganisasies is nog drie

Lees verder: Geweld in Guinee duur voort

Kampioenrotvanger spog met 83 000 in een maand

‘n Boer van Bangladesj wat meer as 80 000 knaagdiere in ‘n enkele maand doodgemaak het, het Woensdag ‘n kleurtelevisiestel as prys ontvang toe hy as die land se kampioenrottevanger vir 2009 gekroon is, het amptenare verklaar. Mokhairoel Islam het in Februarie 83 450 rotte van die gras afgemaak, meer as dubbel die aantal van

Lees verder: Kampioenrotvanger spog met 83 000 in een maand

Tsoenamigolwe tref Japan

Die reuse-aardbewing wat groot verwoesting in die Samoaanse eilande in die Stille Oseaan gesaai het, het veroorsaak dat klein tsoenami-golwe Woensdag die kuslyn van Japan, wat duisende kilometers weg is, tref. Tsoenami-golwe van sowat 10cm het gebreek op die eilande suid van Tokio, sowel as op die noordkus van die hoofeiland Honsjoe, het die meteorologiese

Lees verder: Tsoenamigolwe tref Japan

Tango deel van wêrelderfenis

Die Verenigde Nasies het die warmbloedige tangodans van Argentinië en Uruguay as deel van die wêreld se “ontasbare kulturele erfenis” verklaar, het diplomate van UNESCO Woensdag gesê. Die VN se kulturele organisasie is besig met ‘n vergadering van 400 kenners in Abu Dhabi waar hulle gaan besluit oor ‘n lys van wêreldkuns en tradisies wat

Lees verder: Tango deel van wêrelderfenis

Kinderagtige geskel oor ras

Die klag van rassisme teen die Franse minister van binnelandse sake, Brice Hortefeux, het ‘n lang aanloop en is maar die puntjie van die politieke intrige-ysberg waarmee Frankryk gereeld te kampe het. Kennelik is die nuwe smeerveldtogtaktiek om enige mededinger met die rassismekwas by te kom. Voorheen was hoë amptenare se privaatheid heilig en enige

Lees verder: Kinderagtige geskel oor ras

Proe die Franse platteland

{jathumbnail off} ‘n Resep met net één vars bestandeel, smaaklik, kleurvol, eenvoudig, baie deftig en elegant. Kortom ‘n mondvol en eg Frans. Moenie volgende keer verby daardie bossie radyse in die groentewinkel of die boeremark loop nie. In daardie kraakvars pepersmakie van die nederige radys, lê die geheim van ‘n hele maaltyd opgesluit. Soek ‘n

Lees verder: Proe die Franse platteland

Waterwese trap water

Suid-Afrika benodig meer as R70 miljard om sy infrastruktuur vir die verskaffing van water te verbeter, het Buyelwa Sonjica, minister van omgewingsake en waterwese, Dinsdag gesê. Sonjica het by die bekendstelling van die Maquassi Hills-watervoorsieningsprojek in die Noord-Wes gepraat. Sy sê vyf sulke projekte is in die afgelope drie jaar in dié provinsie van stapel

Lees verder: Waterwese trap water