Naamsveranderings kom in Kaapstad

Naamsveranderings vóór die komende munisipale verkiesings in die Moederstad is amptelik Woensdag op die maandelikse stadsraadsvergadering aangekondig deur Dan Plato.  Die DA gaan die naamsveranderingsproses in Kaapstad steun, ten spyte van groot teenkanting uit Afrikanergeledere. Peter Gabriel, ANC-hoofsweep in die stadsraad, het aan Plato, burgemeester, gevra wanneer straatname gaan verander. Plato wil die veranderings glo

Lees verder: Naamsveranderings kom in Kaapstad

Geen oorlewendes in Pakistanse lugramp

Al 152 passasiers en bemanningslede wat aan boord die vliegtuig was wat Woensdag naby Islamabad, Pakistan se hoofstad, neergestort het, is dood, het ‘n beampte gesê.  Twee Amerikaners was onder die slagoffers, het ‘n woordvoerder van die Amerikaanse ambassade gesê. Hy het geen verdere besonderhede gehad nie. “Daar is geen oorlewendes nie. Ons glo almal

Lees verder: Geen oorlewendes in Pakistanse lugramp

Staatsamptenare staak

Sowat 200 000 lede van die Vereniging van Staatsamptenare (PSA) het Donderdag regoor die land begin staak in ‘n poging om beter lone af te dwing.  Daar sal na verwagting landswye optogte plaasvind terwyl Richard Baloyi, minister van staatsdiens en openbare administrasie, verder met vakbondleiers sal vergader. Staatsamptenare dring aan op ‘n 8.6%-loonverhoging sowel as

Lees verder: Staatsamptenare staak

SA moet kennis neem van nuwe Yslandse wetgewing

“Ons doen ‘n dringende beroep op die ANC om kennis te neem van die nuwe mediawetgewing in Ysland,” vra ds. Theunis Botha, leier van die Christen-Demokratiese Party (CDP) en waarnemende voorsitter van die Christen-Demokratiese alliansie. “Ysland het die teenoorgestelde koers ingeslaan as wat die ANC nou in die parlement probeer inslaan. Deur die nuwe Yslandse

Lees verder: SA moet kennis neem van nuwe Yslandse wetgewing

Bulgevegverbod beklemtoon Katalonië se eie identiteit

Die plaaslike parlement in Katalonië sal Woensdag stem oor die verbod op bulgevegte in dié noord-oostelike streek van Spanje.  Katalonië is die tuiste van Barcelona, Spanje se tweede grootste stad. Die parlement stem oor dié kwessie nadat diereregte-aktiviste ‘n veldtog geloods het en 180 000 handtekeninge in Katalonië met ‘n petisie ingesamel het. Daar is

Lees verder: Bulgevegverbod beklemtoon Katalonië se eie identiteit

Werkloosheid styg

Die amptelike werkloosheidskoers het van 25,2% in die eerste kwartaal tot 25,3% in die tweede kwartaal gestyg met 61 000 werkgeleenthede wat verlore is. Suid-Afrika het volgens Statistieke Suid-Afrika (SSA) se arbeidsmagpeiling altesaam 1,102 miljoen poste verloor sedert begin verlede jaar – 870 000 in 2009, ‘n bykomende 171 000 in die eerste kwartaal en

Lees verder: Werkloosheid styg

Fifa-amptenaar geskiet

Die hoof- finansiële amptenaar van Fifa se plaaslike komitee is buite sy huis in Sandton, Johannesburg, geskiet. Farouk Seedat (52) is na ‘n hospitaal gehaas nadat hy rondom 22:00 Dinsdagaand by sy huis deur gewapende mans aangeval is. Dit is nie bekend of enigiets tydens die aanval gesteel is nie maar Kym Cloete, polisiewoordvoerder, sê

Lees verder: Fifa-amptenaar geskiet

Wit ANC-stryder sterf aan kanker

Cheryl Gillwald, ‘n getroue wit ANC-veteraan, is die naweek aan kanker dood, het die ANC se vroueliga (ANCWL) Dinsdag gesê.  Edna Molewa, ANCWL-woordvoerder, het Gillwald ” ‘n heldin van ons stryd vir vryheid” genoem. Volgens Molewa was Gillward ‘n “dapper” vrou wat ‘n prominente rol in die vryheidstryd gespeel het. Gillward, wat op die ouderdom

Lees verder: Wit ANC-stryder sterf aan kanker

UV-student sterf aan sianiedvergiftiging

‘n Student aan die Universiteit van die Vrystaat, Jaco Buys (23), is gister in een van die UV se laboratoriums dood aan sianiedvergiftiging. Volgens die polisie is leë sianied-botteltjies is op Buys se lessenaar gevind, maar geen misdaad word vermoed nie. Buys sou aan die einde van die jaar sy MA-graad in plantwetenskappe verwerf het.

Lees verder: UV-student sterf aan sianiedvergiftiging