praag.co.za

Russe was glo gewaarsku

Russiese veiligheidsdienste het glo waarskuwings ontvang oor ‘n aanval wat op ‘n Moskouse lughawe beplan word. Berigte oor ‘n ontploffing by die Domodedovo-lughawe, waarin minstens 35 mense gedood is, lui dat die veiligheidsdienste ingelig was omtrent die bedreiging.

Die ontploffing van Maandagmiddag word as ‘n selfmoordbomaanval beskou.

“Die geheime diens het inligting ontvang dat ‘n daad van terreur by een van die lughawens in Moskou uitgevoer gaan word,” het ‘n anonieme bron aan die RIA Novosti-nuusagentskap gesê.

“Agente was reeds op soek na drie verdagtes. Toe die verdagtes egter die lughawe binnekom en die ontploffing wat hul makker veroorsaak het sien, het hulle die lughawe verlaat,” het die bron gesê.

“‘n Wenk met ‘n waarskuwing dat iets voorberei word, was reeds ‘n week voor die ontploffing bekend,” het ‘n bron van die lughawe se veiligeheidsiens aan die Lifenews.ru-webwerf gesê.

Die ontploffing het die Internasionale Aankomste-saal geskud.

для сауныпрокурор харьковской области

Comments

Leave a Reply