praag.co.za

Vasberandenheid sal terreur stuit

President Nicolas Sarkozy het Maandag verklaar dat die Franse gyselaars wat deur Al-Kaïda vermoor is, sy land se vasberadenheid om terrorisme te bestry, versterk het.

Sarkozy het ‘n gefaalde reddingspoging vir die twee gyselaars verdedig.

“Frankryk se standpunt is dat, wanneer ons deur terreur in die gesig gestaar word, daar net magsvertoon kan wees, anders is dit ons almal se veiligheid wat in gevaar is,” het Sarkozy aan verslaggewers in Parys gesê.

“As ons swak gaan wees, sal ons nooit swak genoeg vir hulle wees nie. As ons begin toegee, sal ons nooit genoeg kan toegee nie. As ons om verskoning begin vra, sal geen vernedering genoeg wees nie.

“Elke keer as demokrasieë geaarsel het, het hulle ‘n duur prys betaal,” het hy gesê nadat hy gevra is of hy berou het oor sy bevel om die twee jong Fransmanne, wat in Niger ontvoer is, te probeer red.

“Elke keer as ‘n Franse burger deur terroriste vermoor word, versterk dit Frankryk se vasberadenheid om terrorisme te bestry,” het hy gesê drie dae nadat die leier van Al-Kaïda, Osama bin Laden, geëis het dat Frankryk uit Afganistan onttrek.

Twee 25-jarige Fransmanne is vroeër vandeesmaand uit ‘n restaurant in Niger ontvoer. Hulle is in Mali dood gevind nadat Franse magte hulle uit ‘n konvooi van Al-Kaïda probeer red het.

By die eerste mediakonferensie sedert hul dood het Sarkozy gesê dit was een van die mees emosioneel moeilike tydperke in sy termyn as president. Hy het egter volgehou dat hy geen ander keuse gehad het as om die reddingspoging van stapel te stuur nie, aangesien die bende nie wou onderhandel nie.

камины декоративные электрическиеДанильченко Юрий Брониславович

Comments

Leave a Reply