praag.co.za

Vliegramp deur ‘slegte weer’ veroorsaak

Ethiopian Airlines sê in ‘n mediaverklaring die rampvlug ET 409 onderweg na Addis Abeba het om 02:35 van Beiroet se internasionale lughawe vertrek. Die vliegtuig het kort daarna kontak met Libanese lugverkeersbeheerders verloor en in slegte weertoestande sowat 3,5 km van die kusdorpie Na’ameh neergestort.

Ethiopian Airlines het gesê daar was agt Ethiopiese bemanningslede en 82 passasiers aan boord. Altesame 51 van die passasiers was Libanese, 23 Ethiopiërs, twee Britte en een elk van Turkye, Rusland, Kanada, Sirië en Irak.

Die vrou van die voormalige Franse ambassadeur in Suid-Afrika is een van die passasiers wat dood is  in die ramp.

Denis Pietton, haar man, was deel van die Franse missie in Suid-Afrika voordat hy die ambassadeur in Libanon geword het.

Saad Hariri, Libanon se premier, het gister op die lughawe gesê ondersoekbeamptes probeer die vlugopnemer opspoor om die oorsaak van die ongeluk te bepaal.

’n Amptenaar van die Libanese departement van verdediging het gesê die vliegtuig het in vier stukke ontplof voordat dit neergestort het. Ooggetuies het gesê hulle het vlamme gesien en nog iemand het gesê hy het ’n ontploffing gehoor en “’n groot vuurbal” gesien voordat die vliegtuig in die see geval het.

Elias Murr, Libanese minister van verdediging, het gesê wrakstukke van die vliegtuig is na die Libanese weermag se kaserne geneem om later ondersoek te word. Volgens Murr is geen bewyse van sabotasie tot dusver gevind nie en word die slegte weer as die “hooffaktor” in die ongeluk beskou.

магазины игрушек украинаЛобановский

Comments

Leave a Reply