Die derde Roadlinkbus in ‘n week is van die pad af gehaal nadat daar bevind is dat die voertuig se remme nie op standaard was nie.
Dit volg na twee Roadlinkbusse van George en Knysna op Nuwejaarsdag weens ‘n aantal foute padtoegang geweier is.
In Julie verlede jaar was ‘n Roadlinkbus betrokke by ‘n ongeluk naby Beaufort Wes waarin agt mense oorlede is.
Twaalf mense het in 2006 hul lewens verloor toe ‘n Roadlinkbus op Kersfees in ‘n pilaar van ‘n brug in KwaZulu-Natal vasgery het.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.