praag.co.za

2009 Swart jaar vir persvryheid

Meer joernaliste het in 2009 gesterf as vorige jaar – Verslaggewers sonder grense

Altesaam 26 persent meer joernaliste het in 2009 in die uitvoering van hul werk gesterf as die vorige jaar – ‘n totaal van 76 teenoor 2008 se 60.

Verslaggewers Sonder Grense (VSG), gewoonlik bekend onder dié organisasie se Franse naam, afgekort as RSF, se finale verslag vir 2009 is kort voor die Nuwejaar op die internet geplaas.

‘n Interessante feit is dat bykans al die joernaliste wat omgekom het, in hul eie lande gesterf het, ‘n aanduiding dat hulle nie gesterf het terwyl hulle na die wêreld se besigste konfikgebiede getrek is nie.

Nogtans meen die VSG dit word al moeiliker vir verslaggewers om nuusdekking oor groot brandpunte te doen, omdat hulle al meer self geteiken word.

Ander soort aanvalle op joirnaliste, soos fisieke aanranding, het met ‘n derde toegeneem.

Namate die elektroniese media belangriker word om inligting bekend te maak, veral in lande wat tradisioneel nie ‘n vrye inligtingsvloei voorstaan nie, slaan hierdie lande ook op internetgebruikers toe om inligtingsvloei te probeer smoor. Een blogger is in gevangeskap dood, en 151 is gearresteer.

Volgens die jongste persvryheidsindeks is Denemarke, Swede, Finland, Noorweë en Ierland die mees persvrye lande ter wêreld, met die voormalige Sowjietrepubliek, Estland, in die sesde plek. Ghana is die mees persvrye land in Afrika, gevolg deur Mali met Suid-Afrika nou in die derde plek, en 33ste in die wêreld. Namibië, wat verskeie jare meer persvry as Suid-Afrika geag is, het nou na die 35ste posisie teruggesak.

In 2009

76 verslaggewers gedood

33 verslaggewers ontvoer 573

1456 fisiek aangerand

570 media gesensor

157 verslaggewers het uit hul eie lande gevlug

1 blogger is in die tronk dood

151 bloggers en kuber-dissidente gearresteer

61 fisies aangerand

60 word deur aanlyn-sensuur geraak

 

instagram business account setupдепутат лобановский

Comments

Leave a Reply