Die Amerikaanse regering gaan $2 miljoen, ongeveer R15 000 miljoen, aan die Britse agentskap, Halo Trust, skenk om alle landmyne in Maputo, Manica en Tete provinsies te verwyder.
Die ambassade het in ‘n verklaring gesê die fondse gaan gebruik word om die personeel van ontmynde mynvlede op te lei, en hulle later te ontplooi om inwoners van die provinsies oor die gevare van landmyne in te lig.
Sedert Mosambiek se 16 jaar lange burgeroorlog in 1992 tot ‘n einde gekom het, het die Amerikaanse regering meer as R342 000 miljoen tot die fonds bygedra, om landmyne in Suidelike-Afrika te verwyder.
Landmyne het al duisende Mosambiekers vermink en gedood en selfs grond onbruikbaar gemaak wat vir landbou aangewend kon word.
Mosambiek het egter aangedui dat hy nie die internasionale ontmyningsperdatum van Desember 2009 sal kan nakom nie, soos uiteengesit deur die Ottawakonvensieverbod op die Gebruik, Voorraadopstapeling, Vervaardiging en Vervoer van Landmyne. Mosambiek het in Maart 1999 dié verbod goedgekeur en onderteken.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.