Nasionale Polisiekommissaris, Bheki Cele, het Woensdag gesê kriminele teiken mense vir hul besittings en nie vir hul velkleur nie.
"Kriminele in Suid-Afrika… hulle kyk na wat jy het, eerder as om na jou gesig te kyk." Cele het by 'n polisiehoofkoördineringsvergadering in Johannesburg in reaksie op die Kanadese regering se besluit om vlugtelingstatus aan 'n wit Suid-Afrikaner toe te ken, gepraat.
Brandon Huntley het asiel ontvang omdat hy as wit persoon deur swartes vervolg word. "Daar is by my huis ingebreek en goed is gevat… en ek bly swart. Vanselfsprekend is daar nooit by my huis ingebreek omdat ek swart is nie," het Cele gesê. Die kommissaris het onbewus van die dubbelsinnigheid van sy uitlating gelyk.
Die voorsitter van die Kanadese asielraad wat die besluit geneem het, William Davis, het in Huntley se guns beslis omdat hy "'n slagoffer van sy ras eerder as kriminaliteit was.
Woordvoerder vir binnelandse sake, Ronnie Mamoepa, het gesê die Kanadese besluit is op "absolute gemors" gebaseer.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.