Die Pretoria se hooggeregshofregter Nkola Motata is in die Johannesburgse landdroshof skuldig bevind aan dronkbestuur nadat hy in 2007 teen 'n huis se muur gebots het.
“Ek bevind dat jy onder die invloed van drank was toe jy teen ’n muur gebots het,” het landdros Desmond Nair gesê.
“As ’n prentjie 1000 woorde vertel, het die bandopname 10 000 woorde vertel,” het Nair gesê oor die bandopname wat die aand van die ongeluk geneem is, gesê.
Nair het Motata vrygespreek van regsverydeling en verset teen arres.
Hy het gesê die hof kon nie bevind dat Motata die “bedoeling” gehad het om die gereg te verhinder nie, maar was “moeilik en oproerig” omdat hy dronk was.
In terme van die alternatiewe klag van verset teen arres, het Nair gesê hy kon nie bevind dat Motata dit uit kriminele opset gedoen het nie, en dat daar twis tussen die die polisielede was oor wie sy regte aan hom moet voorlees.
Motata het in Januarie 2007 teen Richard Baird se tuinmuur in Hurlingham, Johannesburg, vasgejaag.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.