Londen se burgemeester eis dat Trump se staatsbesoek gekanselleer word

Die burgemeester van Londen, Sadiq Khan, het ‘n beroep op die Britse regering gedoen om ‘n beplande staatsbesoek van die Amerikaanse president Donald Trump te kanselleer nadat hy op Twitter deur Trump gekritiseer is.

Vir meer as ‘n jaar nou al, word Londen getref deur terreurvoorvalle, waaronder drie groot aanvalle in die afgelope drie maande. Volgens Premier Theresa May is vyf geloofwaardige terreurkomplotte gedurende dieselfde tydperk gefnuik. In baie gevalle blyk dit dat die voorvalle deur beide owerhede en die media onderspeel is.

In sy tyd as burgemeester, het Londen ‘n toename in terreurvoorvalle gesien, terwyl die meeste van die mense wat toegang tot Brittanje verbied word, onder meer “wit nasionaliste” is soos die Amerikaanse radiopersoonlikheid Michael Savage, blogger Don Black en die Nederlandse politikus Geert Wilders. Selfs die Amerikaanse beroemde kok Martha Stewart is in 2008 verbied, omdat sy aan aandelemarkondersoekers onwaarhede verklaar het.

In plaas daarvan om te fokus op terreurbestryding, het Khan Londense burgers asook inwoners in ander dele van Europa sowel as die Verenigde State aangemoedig om te leer om met terrorisme saam te leef as deel van die daaglikse lewe.

In September 2016 het Khan in die nasleep van die bomaanvalle in New York en New Jersey verklaar dat die bedreiging van terreuraanvalle “bloot ‘n deel van ‘n groot stad is”.

Hy het Skotse nasionaliste vir die bevordering van “rassisme” gekritiseer, maar was stil toe groot skares Islamitiese in Desember 2016 in Londen vergader het vir ‘n week van protes in die oproep tot die vestiging van ‘n wêreldwye kalifaat. Oproeriges by die geleentheid het vlae geswaai ter ondersteuning van die Taliban.

Volgens die burgemeester, mag Trump nie na Londen toe kom nie, totdat hy sy voorgestelde verbod op reisigers na die VSA van ses Moslemlande teruggetrek het.

Gedurende sy tyd as regshulp het Sadiq Khan gedien as die Hoofregsadviseur vir die Moslemraad van Brittanje se regsake-komitee. In 2003 het Khan protes gelewer teen wat hy beskryf het as “onoordeelkundige” arrestasies van Moslems vir beweerde terreurbande. In 2004 het Khan gepraat by ‘n geleentheid wat Ibrahim Hewitt ingesluit het; Hewitt is op rekord waar hy steniging as ‘n straf vir owerspel verdedig.

In 2009 was Khan deel van ‘n internasionale veldtog wat die uitlewering van Taliban- en Tsjetsjeense jihadiste aan die Verenigde State uitgedaag het.

Gedurende die 1990’s het Khan se swaer, Makbool Javaid, ‘n beroep gedoen op jihad as lid van die Islamitiese groep Al-Muhajiroun. Die groep het onlangs opgetree as borg en werfer van Britse jihadiste wat by ISIS wil aansluit.

Al-Muhajiroun is ook gelei deur Anjem Choudary, ‘n Britse Islamiet wat in 2016 tronk toe gestuur is vir die ondersteuning van die Islamitiese staat nadat hy instruksies uitgereik het oor die maak van bomme en die vestiging van “Moslem bendes” vir die doel om terreuraanvalle te pleeg en word verbind met georganiseerde misdaad.

Terwyl Khan hom van sy swaer en Al-Muhajiroun probeer distansieer het, het hy in 2003 ‘n verhoog met ‘n ander lid van Al-Muhajiroun en ‘n veroordeelde terroris wat Taliban-militantes opgelei het, gedeel.

Hy beweer dat sy gereelde assosiasie met verskeie individue en groepe wat aan jihad en terrorisme gekoppel is, die gevolg is van sy werk as menseregte-prokureur. Maar soos die Daily Beast opgemerk het, het Khan die meerderheid van hierdie geleenthede bygewoon, nie in sy hoedanigheid as ‘n prokureur nie.

Op 6 Oktober 2016: News World India het berig dat die polisie in Karachi, Pakistan die grootste vonds van NAVO-wapens in die hande van Islamitiese jihadiste in die stad se geskiedenis ontdek het. Karachi se polisiehoof het gesê dat die wapens geskeduleer is om na militante groepe in Londen verskeep te word vir ‘n groot operasie wat hulle beplan. Hoe die militantes die massiewe cache van NAVO-wapens kon bekom, is onduidelik.

Hierdie berig is spesiaal nagevors vir PRAAG. Ondersteun ons asseblief om hoofstroomfopnuus teen te werk!

4 thoughts on “Londen se burgemeester eis dat Trump se staatsbesoek gekanselleer word”

  1. Waar kom hy daaraan dat hy wat maar net ‘n burgermeesterjie is om vir die President van Amerika, die mees invloedryke land ter wereld te sê, wat Trump moet doen of nie. Hy kan in sy kanon glory in gaan , dan is die ding nog ‘n moslem ook, hy is rubbish. As ek President Trump was sou ek hom net eenkyk gegee het, een van daardie ysige kyke, wat net Trump kan gee, dan sal die ou moslempie sy bek hou en sy werk na behore doen.

  2. Altyd opvallend hoe die Semiete eerste na sensuur/diktatorskap hunker. Ek hou nie van die spotprent wat jy geteken het nie, dus onthoof ek jou. Ek hou nie van jou opinie oor WW 2 nie, dus stuur ek jou tronk toe of bloei ek jou finansieel.

  3. Wel ten minste is die kranksinnige Ingelse darem nog op koers om te betaal vir die Boere oorlog se skade en skande. Doe so voort Sadiq,kan nie sien dat “The Donald “homself sal steur aan die onbenullige kerrie eter nie maar nou ja in Londen is enigiets seker moontlik.

Maak 'n opvolg-bydrae