Treine bots oos van Johannesburg na kabeldiefstal

Minstens vyftig mense is beseer en een is dood nadat ‘n trein vanoggend van agter teen ‘n ander trein gebots het. Die moontlikheid van kabeldiefstal word ondersoek. Pendelaars word met busse na hul bestemmings geneem.

ER24 se woordvoerder, Russel Meiring, sê die ongeluk het tussen 06:00 en 07:00 by die Elandsfontein-stasie oos van Johannesburg plaasgevind.

Treindienste in die ooste van Johannesburg is tot verdere kennisgewing opgeskort. Volgens Metrorail is daar geen kragtoevoer op vier spoorlyne tussen Germiston en Kemptonpark nie.

Hy sê die lyk van een van die treindrywers is in die trein gevind en is op die toneel dood verklaar. Meiring sê die ander pasiënte het geringe tot matige beserings opgedoen en is na plaaslike hospitale in die gebied vervoer.

“Toe paramedici op die toneel opdaag, het verskeie pasiënte langs die trein rondgeloop. Sommige is ook in die trein vir hul beserings behandel.

Gelukkig het meeste van die pasiënte geringe tot matige skrapies en frakture opgedoen. Plaaslike owerhede is nog op die toneel om die oorsaak van die ongeluk te ondersoek,” sê Meiring.

16 thoughts on “Treine bots oos van Johannesburg na kabeldiefstal”

    1. Jammer dat ek weer die IT hier moet ophaal, maar toe ek vandag deur XE.com kyk, toe sien ek hoe geweldig die Bitcoin se prys skielik gestyg het. Dis mos van daardie kuberaanvalle. Nou wat as… wat as mense aspris die aanvalle geloods het, juis om die Bitcoinprys meer waarde te gee? Amper soos goudmynstakings om die die goudprys te laat styg weens lae produksie.

          1. Baie dankie. Kom ek stel dit so: Ek weet nie of mens jou virtuele geld kan “verkoop” nie, maar as ek so 2 000 Bitcoingeldeenhede gekoop het in die jaar 2013 of vroeër, dan kon ek vandag afgetree het. Toe ek gisteraand gekyk het was dit R29 000 + per Bitcoin-eenheid. Dit het heelwat mense seker kitsryk gemaak.

  1. Uit die artiker:“Toe paramedici op die toneel opdaag, het verskeie pasiënte langs die trein rondgeloop. Sommige is ook in die trein vir hul beserings behandel. Gelukkig het meeste van die pasiënte geringe tot matige skrapies en frakture opgedoen.”

    Ek is seker daarvan dat die rondlopende massas met skrapies en gekraakte selfoonskermpies in hinke pinkende aasvoëls verander het… Die natuur is darem maar ongenaakbaar…

  2. Miljoene se skade vir ‘n paar rand se koper by die skrootwerf. Anargie het’n geweldige groot “footprint”. As die ware ekonomiese koste van kabeldiefstal oor die afgelope dekade bereken sou word, sal dit astronomies wees. Maar die Gupta kabaal steel biljoene met die volle ondersteuning van die ANC en elke persoon wat vir hulle stem. Die ANC kiesers/ondersteuners dra meer skuld vir die finansiele katastrofe wat hom voor ons afspeel as Zuma en die kabaal. So ook die blanke liberale soos du Preez wat die ANC verafgod. As die “regering” wat nou net in naam bestaan enige intelligensie, verantwoordelikheid, trots of selfrespek gehad het, sou hulle die ekonomie laat groei het en kabeldiefstal sou nie hierdie vlakke bereik het nie. As daar ‘n funksionele polisiediens was, sou skrootwerwe nie openlik gesteelde metaal gekoop het nie.

  3. Die land se infrastruktuur (veral op myne) word op hierdie stadium bout vir bout, moer vir moer, sinkplaat vir sinkplaat en baksteen vir baksteen weggedra. Kyk maar na die padreëlings op die snelweë. So ook die koperkabels ens in substasies. Ons gaan een of ander tyd ‘n kritieke ineenstorting van dienste en kragvoorsiening in die land sien en daar sal nie geld wees om daarvandaan om te draai nie.

  4. Kabeldiefstal?
    Gie gie.
    Who’s fooling who?
    Meer n geval van n flapkop masjinis agter n R50m ‘made in China’ lokomotief.
    Nog so n rukkie…en Sipho die SAL vlugkaptein verwar Beaufort Wes se aanloopbaan met die van OR Tambo.
    Lsg plaas ek op rekord.
    Sonder enige inset van Siener.

Maak 'n opvolg-bydrae