In Turkye, het lede van president Erdogan se party beswaar gemaak teen ‘n Nederlandse besluit om ‘n Turkse minister te deporteer deur lemoene pap te druk en die sap gulsig te drink. Oranje is die kleur van die koningshuis in Nederland.
Die Turkse vlag is ook kortliks gehys oor die Nederlandse konsulaat in Istanbul, maar die Nederlandse ministerie van buitelandse sake het protes teen die verwydering van sy vlag aangeteken, en die vlag is later herstel tot sy regmatige plek.
In nog ‘n opwelling van protes het ‘n groep Turke by Cumhuriyet-plein in Samsun, in die noorde van Turkye Saterdag die verkeerde vlag aan die brand gesteek. In plaas van ‘n brandende Nederlandse vlag, het hulle die Franse een gebrand, en die daad op sosiale media versprei, tot hul eie verleentheid.
Albei is blou, wit en rooi, maar die Nederlandse vlag, een van die oudstes in Europa, het horisontale strepe en nie vertikale strepe soos die Franse een nie.
Geen Nederlandse media het die Turk in Nederland wat die massasaamtrek in Rotterdam georganiseer het genader nie. Die Nederlandse tak van UETD se voorsitter Turan Atmaca, was direk betrokke by die kontak tussen die Turkse konsulaat en die ministers, maar hy kan nie ‘n woord van Nederlands praat nie.
In reaksie op die foto van ‘n see van rooi Turkse vlae in die strate van Rotterdam, het PVV-leier Geert Wilders, wat hom beywer vir die “de-Islamisering” van Nederland, getwiet: “Nederland kan sien dat hierdie mense Turke is, nie Nederlanders nie. Hulle het Nederlandse paspoorte, maar hulle hoort nie hier nie.”
Senior Amerikaanse Republikeinse kongreslid Steve King het sy steun vir die Nederlandse anti-Islam politikus getwiet: “Wilders verstaan dat kultuur en demografie ons lot is. Ons kan nie ons beskawing met ander mense se babas red nie,” het hy gesê, tot die hewige ontsteltenis van linkse sosiale media.
Die Amerikaanse Republikeinse verteenwoordiger van Iowa het sy kommentaar Maandag verdedig en gesê hy “bedoel presies wat hy gesê het”.
“Dit is ‘n duidelike boodskap,” het hy aan CNN verklaar. “Ons moet ons geboortesyfers verbeter of Europa sal heeltemal omskep word in ‘n halfeeu of ‘n bietjie meer. En Geert Wilders weet dit en dit is deel van sy veldtog en ‘n deel van sy agenda.”
Die tuiste van die Nederlandse ambassadeur, saakgelastigde en konsul-generaal in Ankara is Saterdagaand heeltemal afgesper in wat beskryf is as “sekuriteitsmaatreëls”.
Die Nederlandse Christen-demokratiese leier, het ‘n beroep op die EU gedoen om Turkye se toetredingsverdrag, wat dateer uit 1963, te laat vaar, ‘n besluit wat sal beteken dat Turkse burgers wat in Nederland woon hul reg om dubbele burgerskap sal verloor.
Die geskil tussen die Nederlandse en Turkse regerings volg na spanning tussen Berlyn en Ankara verlede week oor soortgelyke Turkse amptelike besoeke aan Duitse Turke. Die Turkse minister van buitelandse sake is verbied om te praat in Hamburg, waarna Erdogan die Duitsers vir “Nazi’s” uitgeskel het.
Die Deense premier Lars Løkke Rasmussen het Sondag ‘n besoek geskeduleer vir volgende naweek deur die Turkse eerste minister na Denemarke uitgestel. Oostenryk en Switserland het ook Turkse saamtrekke gekanselleer weens die toenemende konflik.
Duitse kanselier Angela Merkel het belowe om binnelandse spanning op Duitse grondgebied oor die Turke se plan om massasaamtrekke te hou, te voorkom.
Die eienaar van ‘n plek in Swede waar ‘n senior amptenaar van Turkye se regerende party ‘n saamtrek wou hou Sondag het die ooreenkom gekanselleer, het Turkye se private Dogan nuusagentskap berig.
