Drie ontploffings skud UV

Drie ontploffings het afgegaan omstreeks twaalfuur by die Universiteit van die Vrystaat se Bloemfontein-kampus Maandag.

Volgens sommige getuies, het die harde slae gekom van die universiteit se Wes-Blok asook die Hoofgebou tussen 12:00-12:30.

‘n Student wat in die klas in die Wes-Blok se tweede verdieping was ten tyde van die ontploffings, het vertel dat studente en personeel die geboue rondom die Chemie-gebou moes ontruim.

Rook kon gesien wat van agter die universiteit se hoofgebou uitstyg.

Die Wes-Blok is afgesper na die voorval en brandweerwaens was op die toneel. Geen beserings is aangemeld nie.

Die UV-woordvoerder, Lacea Loader, het gesê dat die situasie onder beheer is en het bygevoeg dat die universiteit ‘n media verklaring oor die aangeleentheid sal uitreik.

Die universiteit se Chemie-gebou het al voorheen ontploffings in sy laboratoriums aangemeld, twee gevalle is in die vorige jaar aangeteken.

9 thoughts on “Drie ontploffings skud UV”

    1. Hoewel ek hierdie as ‘n scenario aanvaar is daar een ding wat my laat nadink. Dit is moontlik dat no 1 al hierdie bose planne beraam maar dit is ook moontlik dat dit juis sy grootste opposisie is wat bv die toelae ding wil gebruik om hom tot ‘n val te bring.

      Die een ding wat niemand hardop sê nie is dit die staatsgreep nie nog moet kom nie – dit het reeds gebeur toe rooiworsie vir zuma gehelp het om vir thabo uit die kussings te lig. DAAR het die staatsgreep reeds plaas gevind in poeliekwanie.

      verder het zuma ook al gesê dat hy langer as 2 termyne in beheer wil wees. (Was dit nie ook hoekom hulle vir thabo vroeg gepos het nie???) en ek het gewonder hoe hy dit gaan doen. Natuurlik is ‘n noodtoestand die ideale manier en ons mag dalk nou juis op hierdie afstuur wat dit kan/mag/sal veroorsaak. Veral as ek kyk na al die oefeninge in ons direkte stedelike omgewing dink ek die moeilikheid is bestel.

Maak 'n opvolg-bydrae