praag.co.za

Staatsveiligheid gaan sosiale media beheer

Written by

in

,

Die ANC het besluit om in te gryp om sosiale media te sensureer, in die lig van kwessies soos die verspreiding van “fopnuus” en swendelary, sê die Minister van Staatsveiligheid David Mahlobo.

Hy het Sondag tydens ‘n vraag-en-antwoord-sessie met joernaliste ná ‘n nuuskonferensie gesê sy departement oorweeg stappe na die Justisie, Misdaadvoorkoming en Sekuriteit Groepering (JCPS) se oorsig.

Mahlobo, het gereageer op ‘n vraag deur ‘n verslaggewer oor fopnuus, en gesê afgesien van die gewone bedoeling daarvan, word sosiale media ook misbruik om, onder andere, vals inligting te versprei.

Hy het gesê dit is nie uniek aan Suid-Afrika nie.

“Ons oorweeg dit om die ruimte te reguleer. Selfs die beste demokrasieë wat eerbied afdwing, hulle reguleer die ruimte,” het Mahlobo gesê.

Hy meen dit sal nie ‘n maklike ding wees om te doen nie, want dit kan gesien word “as inmenging met menseregte”.

Dit sal dus nodig wees om dit in verskeie liggame en forums te bespreek. “Ons sal bespreek hoe ons kan reguleer,” sê Mahlobo.

Afgesien van mense wat iets voorgee op sosiale media, of selfs voorgee om iemand anders te wees, het hy gesê probleme sluit in foto’s wat vals tonele uitbeeld.

Gedokterde beelde is ook ‘n probleem, het hy gesê.

Maar die probleem is dat linkse intervensioniste die term “fopnuus” gebruik om nuus wat hulle in ‘n slegte lig stel, te sensureer.

Google en Facebook werk reeds nou saam met regerings om nasionalistiese nuus te onderdruk.

Comments

7 responses to “Staatsveiligheid gaan sosiale media beheer”

  1. Vicky Avatar
    Vicky

    Bereik die “fake news” obsessie van Nov/Des 2016 nou eers SA? Die ANC het nie die infrastruktuur om die internet te sensuur nie. Beste wat ander (((demokratiese lande))) tot dusver kon vermag is om individue tronk toe te stuur. 1 Individu uit 1 miljoen het 0% impak op ons stryd. Die ongewasdes besef nog nie dat AI ‘n bonatuurlike verskynsel is nie – een met die potentiaal om te groei tot iets waaraan hierdie klomp nie hul vuil pote kan sit nie.

  2. Ou Transvaal Avatar
    Ou Transvaal

    Eerbied word verdien ….deur onderandere die WAARHEID te praat en te berig , dinge wat die leuenpers nie ken nie en nog minder die regering .
    Al wat hier die oogmerk gaan wees is om die valse Anti-semitisme te kriminaliseer.
    Die groot oortreders van fobnuus bly maar ‘n sekere Afrikaanse radio stasie wat nog steeds eensydige behep anti-Trump “nuus” uitpomp op reelmaat van hulle hanteerders!!

  3. Fork Avatar
    Fork

    Die regering is te dom om sulke goed toe te pas

  4. Suidpunt Avatar
    Suidpunt

    En wat nou gemaak met sekere bedieners, soos PRAAG s’n, wat in Duitsland sit (volgens Statscrop.com)? Watter jurisdiksie praat ons nou van? Wat as iemand in Afrikaans uit Taiwan (nee, maak dit Rusland!) die grootste rassistiese opmerkings nog maak, waarvan die bediener toevallig ook in Rusland sit, maar meestal Suid-Afrikaners oor en weer gebruik? Om aan te neem byvoorbeeld almal wat Afrikaans praat is Suid-Afrikaanse gebruikers is belaglik. Gaan hulle dan eenvoudig die webwerf probeer blok? Net sodat twee ander webwerwe in sy plek oopgemaak word? En wie, o, wie – gaan al die tale kan ontsyfer? Gaan die staat slegs op spesifieke soekwoorde fokus? My skat – dit is nie meer die 1970’s met die Sensuurwet nie.

    1. Ou Transvaal Avatar
      Ou Transvaal

      Die staat het die voordeel van die leuenpers verslaggewers wat ywerig die Penny Sparrows sal sensasionaliseer ..dit is vertallers wat sonder staatsbesoldiging met die messe agter die rug van die Volk aan is.

  5. Mattewis Kat Avatar
    Mattewis Kat

    Sal dit beteken dat behalwe vir al die korrupsie en diefstal, ons voortaan van geen ander ANC-suksesse gaan lees nie? Ek wonder of Media24 gaan protes aanteken, want hulle gaan niks meer hê om oor te berig nie? Die Huisgenoot sal waarskynlik slegs op die swartmark beskikbaar wees.

  6. Kalium_Chloraat Avatar
    Kalium_Chloraat

    Sal PRAAG nou Donkernet toe gaan? http://www.PRAAG.onion

Leave a Reply