praag.co.za

Watse xenofobie? ANC hou hulself dom

Written by

in

,

Meer as honderd mense is in verband met xenofobiese aanvalle in Pretoria in hegtenis geneem.

Intussen het die Suid-Afrikaanse minister van binnelandse sake Malusi Gigaba verklaar Suid-Afrikaners is nie xenofobies nie. Die minister het Sondag by die Lighthouse Chapel International Kerk in Pretoria gepraat.

President Zuma het vroeër’n soortgelyke siening gehuldig toe hy gepraat het oor die saak.

Die Nigeriese regering het bevestig dat geen Nigeriërs in onlangse aanvalle dood is nie.

Gigaba sê die frustrasies teen vreemdelinge is vererger deur die diepgewortelde sosio-ekonomiese probleme in die land. Hy het gepleit met die regering om ‘n einde te bring aan armoede en ongelykheid. “Ons het nie genoeg vordering gemaak om armoede, werkloosheid en ongelykheid aan te spreek nie. Maar ek wil hê julle moet weet dat ons streek van Suider-Afrika in ons vasteland van Afrika nie ‘n hindernis is nie, maar ‘n pad na ons verlossing uit armoede, werkloosheid en ongelykheid,” het Gigaba gesê.

Hy sê die oorgrote meerderheid van Suid-Afrikaners is nie xenofobies nie.

Maar verlede week was ‘n week van angs en beproewing, vrees en intimidasie vir die meeste Nigeriese, Zimbabwiese, Somaliese, en Pakistani immigrante in die omgewing van Johannesburg en Pretoria.

Die geweld het gelei tot die inhegtenisneming van 136 mense. In Johannesburg’n paar weke gelede in die suidelike woonbuurt van Rosettenville, is Nigeriërs geteiken vir dwelmhandel en prostitusie.

Die Afrika-lande, waarvan die burgers geteiken word in hierdie aanvalle, was ironies genoeg instrumenteel in die leiding van die stryd teen apartheid.

Suid-Afrika is ‘n groot bestemming vir miljoene asielsoekers. Die land, in teenstelling met baie Afrika-lande, het ‘n baie liberale asielbeleid, want die meeste vlugtelinge het die reg om te werk, studeer en selfs te lewe in die stad, in teenstelling met ander lande

Keniane wat met verslaggewers gepraat het in Pretoria, het dreigboodskappe deur WhatsApp ontvang, wat hulle waarsku dat ‘n aanval kom. Die Daily Nation berig dat Kenia se Hoë Kommissariaat die situasie monitor.

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie het hom uitgespreek teen die onlangse vlaag aanvalle teen immigrante.

Die kommisie het Maandag’n “noodvergadering” van belanghebbendes gehou ná geweld tussen plaaslike inwoners en buitelanders in Pretoria en Johannesburg.

Die Menseregtekommissie sê die kommissie is “baie bekommerd” oor die stand van sake en het alle betrokke partye uitgenooi om insette te lewer hoe hulle die “situasie” gaan hanteer.

Comments

14 responses to “Watse xenofobie? ANC hou hulself dom”

  1. Verkenner Avatar
    Verkenner

    Die barbare kan nie eers saam met mekaar leef nie! Dit is hoe hul vroeer hul getalle in toom gehou het, maar die blanke het kom inmeng en probeer om hul beskaafd te kry en probeer nogsteeds!!! Word wakker my Volk!

    1. Thys Du Plessis Avatar
      Thys Du Plessis

      Ja en die FF+ se missie lees:

      “Die Vryheidsfront Plus is onherroeplik verbind tot die verwesenliking van gemeenskappe, in die besonder die Afrikaner, se internasionaal erkende reg op selfbeskking, territoriaal en andersinds, die handhawing, beskerming en uitbouing van hulle regte en belange asook tot die bevordering van die reg op selfbeskikking vir enige gemeenskappe in Suid-Afrika gebind deur ‘n gemeenskaplike taal – en kultuurerfenis.”

      Maar wat hoekom sal ons ag gee op die geskiedenis, Retief en Verwoerd se moorde maak mos glad nie saak nie.

  2. Fork Avatar
    Fork

    Ek verstaan die frustrasie van die mense. Hoe hulle tegewerk gaan is nie reg nie. En dit is ‘n feit dat die uitlanders geld maak deur dwelms en ander onwettige bedrywe.

  3. sussie se vissie Avatar
    sussie se vissie

    Dink selfs Naas Botha sal jaloers wees as hy bg foto betrag.
    Ten minste verklaar dit die ‘plofgeluid’ in my tuin gisteraand.

  4. Antonie Geyser Avatar
    Antonie Geyser

    die geweld gaan tot uitbarsting kom wanneer die regering die ekonomie so opneuk dat daar nie meer genoeg geld in die staatskas is vir salarisse en nie genoeg geld is vir sassa uitbetalings is nie-

  5. Maus Avatar
    Maus

    Die ANC moet net wal staan of die ontnugterde swart massas bring apartheid self met geweld terug. Om te dink hulle het al die eeue voor kennismaking met die gewraakte Boer hoegenaam geen xenofobiese of territoriale been in hul liggaam gehad nie. Nigeriers en Somalies kon vrylik in-en-uit by Ulundi of Thaba Bosigo enige tyd van die dag of nag. Geen paswette, geen aparte woongebiede, geen aparte parkbankies, geen verbod op deurmekaarslapery. Niks, net volkome assimilasie.. koembajaa. Eers toe die gewraakte witman vernaamlik die Boer op die toneel verskyn… Die Brit was oraait, by die kween kon hul aanklank vind. Die ANC het selfs agterryers gewerf vir die oorlogspoging teen die Boer se vriend, die Duitser. So is die SS Mendi met trots opgeoffer om die toring van Babel te laat herrys.

    1. G Avatar
      G

      Hehe ja swaer, geen xenofobiese of territoriale been was gewaar nie. Net die buurman se vingerbeen deur die anner ou se neus. Weet nie hoe dit daar gekom het nie.

  6. Johnnycongo Avatar

    Verantwoordelikheid en aanspreeklikheid is net eenvoudig nie groot in Afrika nie. Die standaard reaksie, selfs van ‘n (SA) regeringsamptenaar wat homself ‘n 350% salarisverhoging gee, is om dit heftig te ontken. Nee wat, – liegstories oor die geskiedenis en oor die feite van grondbesit, eskalerende plaasmoorde, geweld op blankes, gesteelde Eskom-geld vanuit munisipaliteite, misdaad van onbeskryflike omvang, Zuma die Groot Grondrower, edm. als komende vanuit die hart en gees van SA se bevolking, – word gerieflik ontken terwyl die “oorgrote meerderheid” in SA stilswyend en dus in effek d.m.v. optrede of versuim, medepligtig toekyk https://uploads.disquscdn.com/images/502f5e1545c2a26051f1d18044f6ee20e18eb07983282ff50dec21b3ac6d2e83.jpg .

  7. Ou Transvaal Avatar
    Ou Transvaal

    Ek sien hoe die vyande van my Volk teen mekaar op staan ,ek sien dat ons nooit deur die Almagtige vergeet is nie , ek sien Sefanja 3;9 en Esegiel 18;2 tot werklikheid kom ….ek weet dat hierdie Volk nooit bedoel is vir uitwissing nie maar wel vir die smeltkroes, al maak hulle planne tot dit by hulle ore uitkom.
    Foto’s op FB wys hoe die koppe met pangas afgekap word en hoe buitelanders met pangas in Pretoria se strate dans ….en dit wil voorkom asof hulle weet hoe om die wapen te gebruik , ironies het die ANC hulle eie ondergang uit Afrika ingevoer!!!

  8. Rifrug Avatar
    Rifrug

    “President Zuma het vroeër’n soortgelyke siening gehuldig toe hy gepraat oor die saak.” – ‘President Zuma het vroeër ’n soortgelyke siening gehuldig toe hy gepraat het oor die saak.’

  9. Vrystaat Avatar
    Vrystaat

    “Ons het nie genoeg vordering gemaak om armoede, werkloosheid en ongelykheid aan te spreek nie.” Ja meneer Gigaba, julle het nie…omdat julle so f*kk*n korrup is. Maar iemand moet seker keer dat daar nog meer “aliens” instroom…en siedaar julle eie wetsgehoorsame voorheen benadeelde naiewe kiesers doen sommer self die joppie.

  10. Anton Schutte Avatar
    Anton Schutte

    xenofobie tersy, kyk net al die bleddie gemors in die pad! Die Nuwe Skoon en Vrye reenboog nasie se gat!

      1. Anton Schutte Avatar
        Anton Schutte

        onrusbarend…al daai gemors eindig op in die water toevoer van die land.

Leave a Reply