praag.co.za

Raaiselagtige moorde in Bloemfontein kan etniese twis wees

Written by

in

,

Die polisie sal na verwagting meer verdagtes in hegtenis neem in verband met die moorde op drie jong mans van Bloemfontein.

Tien verdagtes tussen die ouderdomme van 19 en 29 is Vrydag in Bloemfontein vir die moorde in hegtenis geneem.

Die lyke van Lefa Soaisa, Vuyani Makhapela and Mojalefa Fransis is op 1 Februarie in ‘n oop stuk veld langs die nuwe Lemo-winkelsentrum in Dr Belcherweg, Heidedal deur ‘n verbyganger gevind. Daar was verskeie steekwonde aan hul bolywe.

Polisiewoordvoerder, Thandi Mbambo, sê die tien verdagtes wat Vrydag in hegtenis geneem is, het gister in die plaaslike landdroshof op ‘n klag van moord verskyn.

Sy sê hulle sal na verwagting op 20 Februarie vir borg aansoek doen. Die verdagtes bly intussen in aanhouding.

Die omstandighede wat gelei het tot die moorde is nie bekend nie. Dit kan moontlik verband hou met etniese twis.

Comments

One response to “Raaiselagtige moorde in Bloemfontein kan etniese twis wees”

  1. Anton Schutte Avatar
    Anton Schutte

    die kranksinnige meerderheid..enige twis, of dit nou oor n opinie is, n bottel drank, of net omdat jy nie van die ander ou hou nie, en uit kom die mes. N geweldadgige, haatlike ras wat al kankal sy nut oorleef het.

Leave a Reply